Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Catchalot

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N2, Boegoebult 70, Springbaai Eco Estate, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 750 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Catchalot is 'n vakansiehuis wat onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk is en in 'n eko-vriendelike landgoed buite Mosselbaai geleë is. Dus is dit belangrik om te besef dat krag afhanklik is van son wat skyn. Hierdie kuslandgoed het 'n privaat strand wat bereikbaar is via 4 pragtige paadjies en dit is die ideale verblyf vir gaste wat op soek is na 'n stil vakansie in 'n idilliese plek.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Beide kamers het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer wat slegs 'n stort het.

Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf en koffiemasjien toegerus. 'n Wasmasjien en yskas-vrieskas is ook beskikbaar. Die leefarea het 'n etenstafel met sitplek, wat ook dien as pooltafel en tafeltennisblad. 'n Gemaklike sitkamerstel, 'n ingeboude braai-area en 'n TV is ook beskikbaar. Die TV het YouTube en Netflix. Die huis het 'n houtdek waar gaste hulle etes met 'n see-uitsig kan geniet.

Die landgoed het 'n verskeidenheid wild, dit sluit zebras en springbokkies in. Gaste kan ook op bergfietse die omgewing verken of die landgoed se pragtige voetslaanpaaie benut.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Volledige kombuis
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Ongelooflik

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Stan M
Saam met vriende
5.0
Pragtige wild en see wegbreek. Baie goed toegerus, lieflike landgoed, baie goeie kommunikasie van die gasheer.
Nov 2024
Frank S
Gesin met tieners
5.0
Beautiful open plan house within a nature reserve. We really enjoyed our stay, driving in through the animals and having a great view o...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
El-ri G
Saam met lewensmaat
5.0
More than a lot at Catchalot. Catchalot is so 'n pragtige en gerieflike vakansiehuis. Die naam is so gepas want daar is baie om te "catch": waarde vir...
Sien meer
Sep 2024
Johan K
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig. Baie lekker en stil.
Aug 2024
Ria B
5.0
Beste medisyne. Wat 'n bederf! Ek het heerlik gebly, die huis is goed toegerus, skoon en netjies met alles wat mens nodig het. Die spasie, stilte, see...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Charl Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • N2, Boegoebult 70, Springbaai Eco Estate, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Catchalot het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 750
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R 2 750
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N2, Boegoebult 70, Springbaai Eco Estate, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf6156a92b95bcfe76379fe4deeffc9c663c2eede8138cef5583b829246ef3a331f7b5369618878c2af5bb37eba41fc981900?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 750 per nag, vir 8 mense 11 5 1 5 N2 70 Boegoebult, Springerbaai Eco Estate 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-16:00 10:00 -34.24826115401 21.919900942484

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang