Mill Cottages
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Impafana Plaas, C6, Caversham-vallei, Balgowan, KwaZulu-Natalse Middellande, 3275, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 680 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Mill Cottages is 'n geskiedkundige landgoed met 2 Victoriaanse kothuise in 'n tuin op die Lions- en Impafana-rivier. Mill Cottages is 'n paradys vir voël-liefhebbers en in die Midlands Meander kan gaste voetslaan, perdry, swem, tjoepry, gholfspeel, polo-speel, bergfietsry en warmlugballonvaar. Die Caversham Mill Restaurant is op die perseel langsaan en is stapafstand vanaf die kothuise. Die Midlands Meander is uitgedink hier by Mill Cottages.
Verblyf is beskikbaar in hout- en yster-kothuise wat in die 1900's as huisies vir die meulebestuurders gebou is. Daar is alles moontlik gedoen om die oorspronklike styl te behou en te bewaar om hul geskiedkundige erfenis te behou. Die buitemure is van modder- en kleibakstene en het houtpale vir ondersteuning. Die vloere en plafonne het steeds die oorspronklike Oregon-hout. Die huisies word omring deur hoë bome en groot azaleas, wat afsondering en privaatheid verseker.
Elke kothuis het 'n kaggel vir die koue wintersaande in die Natalse Middellande en daar is 'n sitkamer met 'n TV en etenstafel in elke kothuis. Elke kombuis het 'n yskas, vrieskas, mikrogolf, 'n stoof en oond. Braaigeriewe met hout word ook voorsien. Die kothuise word daagliks skoongemaak.
Wasgoedgeriewe is beskikbaar vir gaste wat hul wasgoed teen 'n minimale koste wil laat was.
Hierdie verblyf is ideaal vir 'n selfsorg-vakansie in die KwaZulu-Natalse Middellande vir gaste wat op soek is na 'n rustige en ontspannende wegbreek.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Diana Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 12
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Impafana Plaas, C6, Caversham-vallei, Balgowan, KwaZulu-Natalse Middellande, 3275, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Mill Cottages het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Balgowan Nottingham Road Natalse Middellande KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Impafana Plaas, C6, Caversham-vallei, Balgowan, KwaZulu-Natalse Middellande, 3275, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang