Chakas Cove 55
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ocean-rylaan 43, Chaka's Rock, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 942 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Chakas Cove 55 is tussen Ballito en Salt Rock in Chaka's Rock aan die Noordkus geleë. Hiér word gaste deur asemrowende uitsigte oor die Indiese Oseaan omring.
Die pragtige woonstel op die 3de verdieping bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die aparte badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Albei slaapkamers het plafonwaaiers.
Die oopplan-leefarea spog met 'n pragtige see-uitsig en het gemaklike sitplek, 'n TV met stroomdienste, 'n etenstafel en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, wasmasjien, skottelgoedwasser en koffie- en teemaakgeriewe toegerus.
Die skuifdeure bied toegang tot 'n balkon waar daar gasbraaigeriewe, 2 sonstoele en 'n bankie met sitplek vir 4 is. Hiér kan gaste ontspan, die seebriesie geniet en die see-uitsig bewonder. Veilige, onderdakparkeerplek is vir 1 voertuig beskikbaar en gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad en braaigeriewe in die susterkompleks oorkant die pad.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Ballito
Accommodation ...
Eiendomme 100+
Resensies 251
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Ocean-rylaan 43, Chaka's Rock, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Chakas Cove 55 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ocean-rylaan 43, Chaka's Rock, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal