Charla on the Beach
Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 47, Welgelegen Woonstelle 607, Van Ryneveld, Strand, 7140, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 600R1 360 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Charla on the Beach is op die sesde verdieping van 'n hoë woonstelgebou aan die strandfront in Strand. Die woonstel bied pragtige see-uitsigte en word met trappe en 'n hysbak bereik. Die kompleks het 'n waskamer, braaigeriewe, 'n tennisbaan, asook veilige parkeerplek en 24 uur-sekuriteit.
Dié woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer bied 'n uitsig oor die see en het 'n dubbelbed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Linne, bad- en swemhanddoeke voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die toonbank dien ook as 'n etenstafel met stoeltjies en hierdie area lei na die sitarea met gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die groot vensters laat gaste toe om die see-uitsig te geniet.
Charla on the Beach is net 3,5 km vanaf Waterworld, 'n puttputt-baan, asook verskeie restaurante, en is 6 km vanaf Somerset Mall en die Strand Gholfklub. Strand bied verskeie aktiwiteite, soos branderplankry, visvang, swem, sonsondergangvaarte, asook walviskyk in seisoen, en is naby die Helderberg-wynroete.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Jaco Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Kusweg 47, Welgelegen Woonstelle 607, Van Ryneveld, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Charla on the Beach het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Van Ryneveld Strand Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 47, Welgelegen Woonstelle 607, Van Ryneveld, Strand, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang