Cherry Creek @ Zebula
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Zebula Golf Estate and Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R7 350 per nag (plek vir 18)
Beskrywing
Cherry Creek @ Zebula is die uiteindelike bestemming vir gesinne en groepe wat op soek is na 'n ontspanne en prettige wegbreek, aangesien dit in die luukse Zebula Gholflandgoed en Spa geleë is. Dié lodge bied 'n magdom geriewe en doendinge om 'n onvergeetlike verblyf vir die groep te verseker.
Dié uitgestrekte eiendom kan altesaam 18 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 6 lugversorgde slaapkamers, 4 badkamers asook 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n volledige en suite-badkamer. Nog 3 slaapkamers het ook 'n koningingrootte-bed; net 1 van hierdie kamers het egter 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die derde en vierde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens asook 'n dubbelbed in 'n oulike solderruimte. Daar is 'n ruim solder met nog 2 enkelbeddens. Die oorblywende badkamers het ook 'n stort en 'n bad. Skerp wit linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser in die aparte opwaskamer beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sentrale etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet. Langs hierdie eetarea is 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV met DStv. Komplimentêre WiFi is oral in die eiendom beskikbaar.
Hierdie hele eiendom word sentraal verbind deur 'n onderdak-onthaalarea met 'n kaggel, 'n kombuis met 'n stoof, 'n kroeg met 'n TV, 'n sitplek en 'n etenstafel wat net die perfekte plek is om kwaliteit tyd saam te geniet. Boonop het hierdie eiendom 'n lieflike plonspoel met sonstoele vir volle ontspanning.
Gaste het volle toegang tot die lodge se vele doendinge in en om Zebula wat wissel van olifantinteraksies tot Groot 5 wildritte asook perdry tot vierwielmotorfietsekspedisies.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
2 x Kinderbed vir 1
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
2 x Kinderbed vir 1
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Tiaan Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Zebula Golf Estate and Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Zebula Golf Estate and Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang