Clanwilliam Waterfront Accommodation
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ou Kaapse-weg, Clanwilliam Waterfront-landgoed, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
- Vanaf R7 600 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Clanwilliam Waterfront Accommodation is 'n pragtige drieverdieping-selfsorgeenheid wat op die oewer van die Clanwilliamdam geleë is.
Dié eiendom het slaapplek vir altesaam 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en sluit 'n en suite-stort en wasbak in. Die oorblywende 2 slaapkamers het elk 'n dubbelbed en deel die derde badkamer met 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Vir bykomende vermaak is bordspeletjies ook beskikbaar. Langs die sitkamer is daar 'n eetarea met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet.
Dié leefarea maak oop op 'n onderdakbalkon met buitemeubels, 'n Weber-braai en 'n Jacuzzi. Wi-Fi is ook beskikbaar.
Hierdie eiendom bied gaste toegang tot die dam asook die gerief van die lanseerplek vir hul boot of jetski. Gaste word ook toegelaat om van die gemeenskaplike braaigeriewe by die water gebruik te maak.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.4/5
Antoinette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Ou Kaapse-weg, Clanwilliam Waterfront-landgoed, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Clanwilliam Sederberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ou Kaapse-weg, Clanwilliam Waterfront-landgoed, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang