Clanwilliam Waterside Villa
Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2024 tot 28 Nov 2024.
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Willy Strassberger-rylaan 18, Crystal Waters, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
- Vanaf R6 950 per nag (plek vir 11)
Beskrywing
Clanwilliam Waterside Villa is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis wat in Clanwilliam geleë is en 'n uitsig oor Clanwilliamdam het. Dit is ideaal vir 'n groot gesin of groep vriende.
Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 11 gaste en beskik oor vyf en suite-slaapkamers met lugversorging. Die eerste, tweede en derde slaapkamers het elk 'n dubbelbed, terwyl een 'n ekstra enkelslaapbank het. Die vierde en vyfde slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed. Elke badkamer het 'n bad en 'n stort.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, koffiemasjien, eetgerei, breekware, yskas-vrieskas en 'n eiland met stoele toegerus. Die aparte opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sitarea en eetarea het oorgenoeg sitplek en daar is 'n kaggel en 'n TV met DStv-kanale.
Die leefarea het 'n binnebraai en lei na 'n groot stoep met buitesitplek en 'n ingeboude braai. Boonop het die huis 'n swembad en swembadstoele. Gaste kan 'n entjie tot by die waterkant stap of net 1,5 km ry om hul boot by die munisipale glybaan te lanseer. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
1 x Enkelslaapbank
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Baarshengel
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Alison Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 9 maande
Ligging
- Willy Strassberger-rylaan 18, Crystal Waters, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
- Gaste dink Clanwilliam Waterside Villa het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clanwilliam Sederberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Willy Strassberger-rylaan 18, Crystal Waters, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang