Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Clifton Beachfront Penthouse

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Victoria-weg 61, Clifton, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Vanaf R8 758 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Clifton Beachfront Penthouse is in die gewilde kusvoorstad Clifton in Kaapstad geleë en bied gehalteverblyf naby talle winkels, wêreldklasrestaurante en strande. Dit is binne maklike bereik van alle doendinge en besienswaardighede wat die Moederstad bied.

Die woonstel het lugversorging en beskik oor 3 slaapkamers, elk met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n TV en die badkamer het 'n bad, toilet en wasbak. Die tweede kamer se badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die volledig toegeruste kombuis het 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Daar is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër vir gaste se gerief.

Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek asook 'n TV met DStv. Die sitkamer lei na 'n balkon met wonderlike uitsigte oor die strande en berge. Dit het 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Gaste het toegang tot komplimentêre WiFi tydens hul verblyf.

Skoonmaakdiens is slegs op versoek beskikbaar en onderhewig aan beskikbaarheid, Maandag tot Vrydag, 10:00 tot 12:00 gratis. Op Saterdae, Sondae en Openbare Vakansiedae kan 'n skoonmaakdiens teen R450 per dag verskaf word en onderhewig aan beskikbaarheid en vooraf reëlings.

Die woonstel is selfsorg en sekere toiletware en basiese verbruiksgoedere word slegs met aankoms voorsien.

Daar is straatparkeerplek beskikbaar. Alternatiewelik kan veilige parkeerplek gereël word teen 'n ekstra koste en hangende beskikbaarheid.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai
Warmbad

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Hertzog Geverifieer

Eiendomme 14

Resensies 11

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Victoria-weg 61, Clifton, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Gaste dink Clifton Beachfront Penthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 8 758
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 8 758
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Victoria-weg 61, Clifton, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA57c4adfac971ba15ce278ce40ecfe50ff3af5a9fcda9cdf780ce89269e3cc2aff6ae3e60f2c93ee9011c74f83b8f33bfd745?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 758 per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 61 Victoria Road Clifton 8005 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -33.93727 18.3785

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang