Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Cock & Bull

Gastehuis
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R512, Hartbeespoort, 0280, Noordwes
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Cock & Bull bied 'n kroeg, restaurant en verblyf aan die voorheuwels van die Magaliesberge. Cock & Bull is 40 minute vanaf Pretoria, Johannesburg en Rustenburg en 7 km vanaf Hartebeespoortdam aan Sun City se kant geleë.

Die verblyf is perfek vir sakereisigers en enige iemand wat van die aktiwiteite in en om Hartbeespoort wil gebruik maak.

Die kamers is nie vir selfsorg toegerus nie, behalwe Kamer 13 en 14, maar is wel gerieflik vir oornagverblyf. Etes en drankies kan by die restaurant op die perseel bestel word wat daagliks ontbyt, middagete en aandete bedien. Ontbyt is nie by die tarief ingesluit nie. Gaste kan ook met 'n drankie in die pragtige tuin agteroor sit.

Die houthuise is vir reisigers en is ideaal vir gaste wat troues en partytjies bywoon. Die houthuise is langs mekaar geleë en bied slaapplek aan 2 gaste elk. Elke houthuis het lugversorging, WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskas.

Die gastekamers is met gaste se gerief in gedagte ontwerp en gemeubileer. Die gastehuis het 4 kamers wat reg langs die kroeg geleë is, maar dis ook privaat met hul eie ingange. Elke kamer 'n TV, WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskas.

Daar is 2 gesinskamers met slaapplek vir 4 gaste elk. Hierdie oopplan-eenhede is vir gesinne of vriende geskik en is ten volle vir selfsorg toegerus, met al die nodige geriewe soos lugversorging, 'n TV, WiFi en 'n yskassie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die hoogtepunt van die perseel is die Cock & Bull-restaurant en -kroeg wat met heerlike biefstukke, tuisgebakte pasteie en tuisgemaakte aartappelskyfies spog. Daar is 3 groentetuine op die perseel, so die bestanddele is vry van plaagdoders.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 192 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.2
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Liezel O
Saam met lewensmaat
5.0
Ontspannend en rustig met lekker kos. Die plek is baie netjies en stylvol gemeubileer, rustig, en die restaurant se kos is uitstekend. Sal die plek de...
Sien meer
Mrt 2025
Mari B
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. Amazing breathtaking excellence service and stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2025
Marina V
Saam met lewensmaat
5.0
Rus en vrede vir jou siel. Vriendelike personeel het ons met ons aankoms verwelkom. Die pragtige eenheid het alles wat mens mag nodig hê om jou verbly...
Sien meer
Mrt 2025
Adrienne L
Saam met lewensmaat
5.0
Perfect overnight stop. The accommodation in the newly built brick chalet was excellent. The chalet is beautifully decorated and very s...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Nico V
Saam met vriende
5.0
Baie goeie plek vir oorslaap. Die verblyf is baie netjies. Die restaurant se kos is brilliant.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Andrew Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 192

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • R512, Hartbeespoort, 0280, Noordwes
  • Gaste dink Cock & Bull het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R512, Hartbeespoort, 0280, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUyY2M3ODMwLWUxNTMtNGI1Ni05YjhiLTliYzk5MWQ4ZDIyMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 192 5 1 5 R512 Hartbeespoort 0280 Noordwes 021 201 8901 12:00-20:00 10:00 -25.719483 27.780981

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011