Cocomo's
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 117 Capuchin Way, Pumula, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Cocomo's bied 'n ruim 120 vkm selfsorg-eenheid op die onderste verdieping van die eienaar se woning, wat spog met panoramiese 180 grade see-uitsigte. Geleë in die stil en vreedsame Pumula-area aan die gewilde Hibiskuskus van KwaZulu-Natal, bied dit 'n ideale toevlugsoord vir 'n ontspanne kuswegbreek.
Dié huis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 ruim slaapkamers en 1 badkamer. 1ste kamer het deurgang na hoofslaap kamer .Die 2 slaapkamers is elk ingerig met koninging grootte beddens en deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is toegerus met verhit-en-eetgeriewe wat 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, braaipan, multi-koker, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe insluit. Dit strek na 'n eetarea en lei verder na die sitkamer wat gemeubileer is met gemaklike sitplek en 'n TV met 'n TV-boks.
Buite het gaste toegang tot 'n lieflike buite-ruimte met sitplek en 'n Weber-braai wat spog met lieflike uitsigte oor die see. 'n Oop parkeerplek word aan die bokant van die oprit naby die eenheid voorsien.
Pumula is baie sentraal geleë met Hibberdene Beach 7.3km, Port Shepstone 14km en die mooiste strandjies van Banana Beach, Southport Beach en Umtentweni tussenin plus klein kuierplekke waar jy heerlik kan eet en iets koels kan geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Bad, Toilet
Ligging
- 117 Capuchin Way, Pumula, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 117 Capuchin Way, Pumula, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal