Corporate Executive Apartments @ Aardstay
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sanridge Village, Lever Pad, Midrand, 1684, Gauteng
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Corporate Executive Apartments @ Aardstay bied luukse, volledig toegeruste selfsorgwoonstelle vir sakelui, konferensiegangers en internasionale toeriste wat op soek is na kort- of langtermynverblyf. Aard Stay is geleë tussen die hoofkantore van bekende internasionale maatskappye en bied elegante selfsorg-akkommodasie met unieke flair. Van 'n wolkekrabber-leefstyl tot die kalm ruimtes van Midrand se parke.
Ons onderneming is 3 ster en is net 15 minute se ry van Sandton en 10 minute van Centurion af. Ons is sentraal geleë tussen Johannesburg en Pretoria en naby aan Grand Central- en Lanseria Lughawe. Die woonstelle is net 'n entjie van die N1 af by die New Road-wisseling in Leverstraat.
Ons luukse tweeslaapkamerwoonstelle is volledig gemeubeleerd en staan in die San Ridge Village in Midrand. Die woonstelle is volledig toegerus en geskik vir sakereisigers wat op soek is na luukse, bekostigbare akkommodasie. Die woonstelle is ook geskik vir individue en sakekliënte wat op soek is na langtermynverblyf.
Elke woonstel is toegerus met 'n televisie met DStv en 'n DVD-speler, 'n goed toegeruste kombuis met wasmasjien, tuimeldroër, mikrogolf en 'n vries-/yskas. Word daagliks skoongemaak op versoek. Linne en handdoeke word voorsien en veilige parkeerplek is beskikbaar.
Corporate Executive Apartments @ Aardstay - Midrand het ook 'n hele aantal geriewe: muurbalbane, swembad, braaiplek, klubhuis, wassery, crèche en 2 kelderparkeerplekke.
Ligging, ligging ligging ... Midrand se ligging is ideaal. Dit is halfpad tussen Johannesburg en Pretoria. Die N1, Gauteng se hoofsnelweg loop ook regdeur Midrand.
Midrand wat op 'n stadium net 'n klein halfwegstasie tussen die twee stede, maar het weldra ontwikkel tot 'n sakesentrum en deesdae is 'n hele aantal gesogte maatskappye se hoofkantore hier geleë. Midrand is een van die gebiede in Suid-Afrika wat die vinnigste ontwikkel.
Ons is stapafstand van 2 groot winkelsentrums af: San Ridge en Carlswald. Ons is ook naby belangrike sakedienste en vermaaklikheidsplekke - elkeen is maklik bereikbaar. Van die kruidenierswinkels in die omgewing sluit in: Woolworths Food, Pick 'n Pay en Super Spar. Sakegeriewe in die omgewing: Portnet, internetkafees, Nedbank en ander banke. Restaurante in die omgewing: Dros en Cappuccino's. Gesondheids- en welweesgeriewe soos Virgin Active is ook naby aan Corporate Executive Apartments @ Aardstay.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
1.8/5
Johan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Sanridge Village, Lever Pad, Midrand, 1684, Gauteng
Sien meer verblyf in Carlswald Kyalami Midrand Johannesburg Gauteng
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sanridge Village, Lever Pad, Midrand, 1684, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang