Cottonwood, Olivewood & The Loft
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Crescent-weg 4, Parkwood, Johannesburg, 2122, Gauteng
- Vanaf R395 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Cottonwood, Olivewood & The Loft bied gasteverblyf in die lowerryke woonbuurt Parkwood in Johannesburg. Die verblyf is naby die Zoo Lake Park, Zoo and Sports Club, Donny Gordon, Milpark en Rosebank Hospitale geleë.
Al die eenhede word deur sonpanele aangedryf en het heeltyd WiFi.
Verblyf is beskikbaar in 4 eenhede naamlik Cottonwood, Olivewood, The Loft en The Office. Cottonwood is geskik vir 2 gaste en beskik oor 1 groot slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het ’n koningingrootte-bed en DStv, en die badkamer het ’n aparte stort, bad, wasbak en toilet. Die suite het ’n aparte kombuisie-area met verhit-en-eetgeriewe soos ’n yskassie, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe en ’n werkspasie. Daar is ’n privaat buite-area met ’n tafel en sitplek.
Olivewood is vir 2 gaste geskik en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Ander geriewe sluit 'n TV, WiFi, 'n yskas, mikrogolfoond, ketel, tee, koffie, glase, eetgerei en breekware in. Sitplek is in die tuin beskikbaar.
The Loft is op die boonste verdieping geleë, bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n dubbelbed, 'n TV, WiFi, verhit-en-eetgeriewe, 'n ruim balkon met sitplek, tee- en koffiemaakgeriewe, en 'n oopplan-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Let asb. daarop dat die trappe na The Loft redelik steil is en nie vir jong kinders, bejaardes of gaste met gestremdhede geskik is nie.
The Office bied slaapplek aan 2 gaste, het 'n groot oopplan-slaapkamer en -leefarea met 'n TV, 'n tafel vir etes en 'n lessenaar met onbeperkte WiFi. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n aparte stort, wasbak en toilet. Die suite het 'n aparte kombuisarea wat met 'n gasstoof, oond, yskassie, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Breekware, eetgerei, glasware en kookgerei word voorsien.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die verblyf is ook ideaal vir langtermyngaste. Dit is naby Rosebank, die Gautrain, Netcare Hospitale, en Wits en Johannesburg Universiteit.
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Andante Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 49
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Crescent-weg 4, Parkwood, Johannesburg, 2122, Gauteng
- Gaste dink Cottonwood, Olivewood & The Loft het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Johannesburg Wes-Rand Gauteng
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Crescent-weg 4, Parkwood, Johannesburg, 2122, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang