Cozy Corner Langebaan
- Kapasiteit: 27 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 88, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Vanaf R1 058 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Cozy Corner Langebaan bied gerieflike verblyf in Langebaan en is 100 m vanaf die ongerepte strand. Die eenhede word nie deur beurtkrag geaffekteer nie aangesien daar sonkragstelsels in plek is.
Cozy Crner Langebaan bied 'n verskeidenheid verblyf-opsies en sluit 4 oopplan-eenhede, 'n aparte kothuis, 3 gemeenskaplike slaapsale en 'n privaat slaapsaal in. Elke eenheid het gemaklike beddens en kamergeriewe om gerieflike verblyf te verseker. Sommige van die eenhede het 'n privaat badkamer met 'n stort, terwyl die gaste van die gemeenskaplike slaapsale gemeenskaplike badkamers met storte gebruik. Die Kitehouse het 'n kombuis wat vir selfsorg toegerus is. Elkeen van die slaapsale deel 'n gemeenskaplike kombuis en sitarea.
Die kothuis bied die ideale tuiste weg van die huis en elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die stylvolle kothuis het ook 'n volledig toegeruste kombuis.
Daar is 'n pragtige tuin waar gaste in 'n lowerryke omgewing kan ontspan. Die terras is die ideale plek om die son te geniet of te ontspan en die asemrowende uitsig te geniet. Daar is ook braaigeriewe beskikbaar. Gaste het toegang tot gratis WiFi en privaat parkeerplek.
Stap-entoesiaste kan die skilderagtige roetes verken, terwyl vlieërplankry- en visvang-entoesiaste hul gunsteling tydverdrywe kan beoefen. Die natuurlike omgewing lok buitelugliefhebbers en daar is ook unieke strandrestaurante, oorgenoeg seekosopsies en winkels wat kurios, kunsvlyt en klere verkoop. Volwassenes sal hulself verlustig aan die Casino by Club Mykonos en daar is ook 'n verskeidenheid vermaakopsies vir kinders. Aktiwiteite sluit die Country Club-gholfbaan, perdritte op die strand en ontspannende spa-behandelings in.
Gaste kan ook die Weskus Fossielpark besoek. Dit is die enigste fossielpark in Suid-Afrika en is die tuiste van die oer-Groot 5 wat eens hierdie area platgetrap het.
Die oorskot van Afrika se enigste beer is ook hier gevind tesame met die fossiele van 200 ander spesies. Besoekers kan 'n insiggewende toer van die fossielopgrawingsareas meemaak en soek na hul eie fossiele. Daar is ook fietsry-, stap- en perdryroetes deur die park.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Martinus
Johannes ...
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Hoofstraat 88, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Cozy Corner Langebaan het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 27 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 88, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang