Crocodile Kruger Safari Lodge
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 10 Okt 2024 tot 12 Des 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Krokodilweg 442, Marloth Park, 0174, Mpumalanga
-
Vanaf
R1 640R1 476 per nag (plek vir 2) -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Crocodile Kruger Safari Lodge is in Marloth Park in 'n natuurreservaat aan die oewer van van die Krokodilrivier met 'n pragtige uitsig oor die Krugerwildtuin se luisterryke natuurskoon. Die lodge is net een uur se ry vanaf die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe en ongeveer 20 minute vanaf die naaste toegangshek van dié wêreldberoemde Krugerwildtuin.
Akkommodasie-opsies sluit 6 en suite, dubbel- of 2-enkelbedkamers sowel as 'n selfsorg-eenheid met 2 beddens en 'n selfsorg-eenheid met 6 beddens met lugversorging in. Die Rivierkamer bied 'n pragtige uitsig oor die Krokodilrivier en die Krugerwildtuin.
Die luukse kamers kan bespreek word vir aandete en B&B. Die etes word al fresco op die swembad-dek onder die Afrika-sterrehemel bedien met die geluid van brullende leeus in die Krugerwildtuin en die seekoeie in die Krokodilrivier in die agtergrond.
Die lodge bied nou ook opwindende boma-aande aan waar gaste die ware gees van Afrika kan ervaar. Gaste geniet Afrika-gasvryheid en -kookkuns in ons groot boma op die maat van Afrika-tromme.
Gaste van Crocodile Kruger Safari Lodge kan wildritte bespreek. Sluit by ons aan op 'n oop wildritvoertuig vir wildritte in die Krugerwildtuin wat gelei word deur 'n ervare gids. Selfry-opsies is beskikbaar en dit kan met groot gemak van die lodge af aangepak word (die lodge is naby aan die Malelane- en Krokodilbrughek). Nagsafari's en ander uitstappies na die besienswaardighede in die omgewing is ook beskikbaar by die lodge.
Bring jou bergfiets en pak die maklike roetes langs die rivieroewers of in die bos aan waar jy dalk wilde diere sal teëkom. 'n Wandeling in die bos sal jou nader aan die natuur bring.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
ABRI Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 23
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Krokodilweg 442, Marloth Park, 0174, Mpumalanga
- Gaste dink Crocodile Kruger Safari Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Krokodilweg 442, Marloth Park, 0174, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang