Cydonia Holiday Home
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cydonia-weg 151, Primrose Hills, Germiston, 1401, Gauteng
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Cydonia Holiday Home is in Primose Hills langs Bedfordview geleë en is ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers, wat naby OR Tambo Internasionale Lughawe en ander besienswaardighede in Johannesburg wil wees.
Dié vakansiehuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 2 koningingrootte-beddens en 'n enkelslaapbank, en die en suite-badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer het 'n enkelbed en die derde badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, gasstoof, oond, mikrogolf, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus, en daar is ook 'n etenstafel met stoele. Die leefarea het nog 'n etenstafel met 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n lowerryke tuin met braaigeriewe en veilige parkeerplek agter 'n sekuriteitshek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Koningingrootte-bed
1 x Enkelslaapbank
1 x Ekstra enkelmatras
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Cydonia-weg 151, Primrose Hills, Germiston, 1401, Gauteng
Sien meer verblyf in Germiston Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cydonia-weg 151, Primrose Hills, Germiston, 1401, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang