Cypress Cottage
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Voortrekstraat 3, Swellendam, 0674, Wes-Kaap
- Vanaf R990 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Cypress Cottage is 'n historiese gastehuis gedateer uit die 18de eeu geleë in die geskiedkundige deel van Swellendam, net 1 km vanaf verskeie restuarante en historiese geboue soos die Drostdy Museum.
Hierdie gastehuis bied 'n keuse van 6 eenhede met verblyf in elk vir 2 tot 4 gaste. Die kamers het koningingrootte-, dubbel- en enkelbeddens en die en suite-badkamers het baddens en storte. Daar is ook lugversorging, verwarmers en die Stables Gesinsuite het 'n knus kaggel.
Verder het die gastehuis 'n gemeenskaplike sitarea met satelliet-TV of 'n biblioteek, gratis WiFi en gaste kan hul ontbyt in die eetarea met 'n Viktoriaanse styl geniet of op die veranda wat 'n uitsig oor die tuin en sy ou eikebome het.
Gaste kan op die houtsondek ontspan, in die swembad afkoel of van die braaigeriewe gebruikmaak. Daar is ook veilige parkeerplek.
Swellendam is die tuiste van verskeie historiese geboue waarvan sommiges as 'n Nasionale Monument verklaar is, en gaste kan die pottebakkery-ateljee of die Wildebraam Youngberry-landgoed vir 'n likeurproe besoek.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Vera Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Voortrekstraat 3, Swellendam, 0674, Wes-Kaap
- Gaste dink Cypress Cottage het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Swellendam Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Voortrekstraat 3, Swellendam, 0674, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang