Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dalriada Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N2, Keurbooms River, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Dalriada Cottage, 'n moderne en luukse kothuis, is op die oewer van die Keurboomsrivier geleë.

Die kothuis bied panoramiese uitsigte oor die rivier en bestaan uit 2 slaapkamers, 'n solder-area en 2 badkamers. Dit is dus ideaal vir paartjies of kleiner families wat saam wil wegbreek. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n leer na die solder-area met 2 ekstra enkelbeddens. Die 2 badkamers het 'n bad en 'n stort. Ons voorsien linne en handdoeke. Die groot veranda op die eerste verdieping het 'n lieflike uitsig oor die rivier en die omliggende omgewing.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, 'n gasstoof en mikrogolf, breekware en eetgerei. 'n Wasmasjien en skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Die leefarea het 'n TV met volledige DStv en die losstaande kaggel sal jou warm hou op triestige wintersdae.

Let wel: Rook is verbode en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Dalriada Cottage is in 'n veilige eko-landgoed, waar springbokke vrylik wei, geleë. Die landgoed is heeltemal omhein en toegang word verkry deur 'n afstandbeheerde hek. Die rivier is ideaal vir visvang, bootritte en swem en die area het 'n groot verskeidenheid voëllewe. Plettenbergbaai is net 10 minute van ons af en bied verskeie doendinge en besienswaardighede.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ligging

  • N2, Keurbooms River, 6600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 4 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N2, Keurbooms River, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA53f95cef05d789a39d90f71988bd7fd23e07876e12431ea082c158e5435d9a21fb45211197beaf21cb25ea98383202b19e0d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 200 per nag (plek vir 6) N2 Keurbooms River 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.005030400198 23.403560523818

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang