Dassenheuwel Farm Stay
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Lida Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 65
Op LekkeSlaap 11 jaar
Opsomming van Resensie
Renae B - Jun 2024
Algehele gradering
Plaaskuier met die kinders.
Lees meerElizna L - Jun 2024
Algehele gradering
Luukse cabin met 'n ongelooflike uitsig.
Lucia F - Mei 2024
Algehele gradering
Kan nie wag om in die winter terug te keer en 'n ander wêreld te ervaar nie!
Wilanie G - Apr 2024
Algehele gradering
Heerlik gekuier, rustige plaas atmosfeer.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie, Wilanie! Ons is bly julle het dit hier geniet en hoop om julle binnekort weer hier te ontvang.
Lida
Laurika V - Apr 2024
Algehele gradering
Ons het baie lekker gekuier op die plaas. Die kinders het die vryheid geniet.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie, Laurika. Ons is bly julle het die kuier op die plaas geniet.
Hoop ons sien julle eendag weer?
Nico A - Mrt 2024
Algehele gradering
Fantasties!
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie Nico,
Hierdie is vir ons 'n riem onder ons hart, en beteken vir ons baie! Dankie vir julle kuier hier by ons, en hoop tog om julle weer eendag hier te verwelkom!
Mooi bly.
Annaline D - Feb 2024
Algehele gradering
Hierdie naweek was 'n heerlike breek van die stadsgewoel, rus en vrede.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie Annaline,
Ons is bly dat julle jul kuier hier by ons geniet het, en dat julle lekker uitgerus het. Dankie dat julle ons stukkie hemel op aarde kom ervaar het. Hoop om julle binnekort weer te sien.
Groete,
Lida
Paxton A - Nov 2023
Algehele gradering
Felt like a movie of like some family living on a farm away from the city.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Thank you so much for this, Paxton!
It means a lot to us, and our future guests.
Regards,
Lida
Lin-mari W - Sep 2023
Algehele gradering
Baie lekker gebly.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie Lin-mari.
Ons waardeer jou resensie, en is bly julle het dit hier by ons geniet. Hoop om julle weer eendag hier by ons te verwelkom.
Groete
Lida
Joseph K - Sep 2023
Algehele gradering
Most enjoyable stay we have ever had on a holiday.
Lees meerDassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Thank you Joseph,
this means a lot to us and our future guests.
We hope to welcome you back again soon.
Regards,
Lida
Elzette P - Mrt 2023
Algehele gradering
Uitstekende verblyf.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Dankie vir die wonderlike terugvoering. Ons is bly julle het dit hier by ons geniet, en hoop om julle weer hier te ontvang. Groetnis
Ben D - Feb 2023
Algehele gradering
Ongelooflike wegbreek.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Dankie vir die terugvoer, Ben!
Ons is bly julle het die kuier hier op die plaas geniet. Hoop om julle eendag weer hier te ontvang.
Lida
Dale W - Aug 2022
Algehele gradering
Very friendly and helpful owners, very neat and clean.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Thank you Dale! We're glad that you and your friends enjoyed your stay with us (even during a cold and wet weekend - Hope to welcome you again soon!
Herman S - Jul 2022
Algehele gradering
Fantasties! Lekker ontspan en 'n lekker rusplek!
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie Herman en familie.
Dit beteken vir ons baie indien jul positiewe terugvoer gee vir die gastehuis. Ons hoop om julle weer eendag hier te ontvang op die plaas.
Groetnis
Lida en Kobus
Desireé D - Feb 2022
Algehele gradering
Heerlike rustige plaasverblyf.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Hallo Desiree.
Baie dankie vir die wonderlike terugvoer. Ons is bly julle het dit hier geniet. Sien uit om julle weer te ontvang.
Lida
Santie H - Des 2021
Algehele gradering
Very nice and very peaceful. Nice farm lifestyle.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Thank you so much! Hope you'll visit again soon.
Clint V - Nov 2021
Algehele gradering
Good weekend away.
Chris D - Sep 2021
Algehele gradering
So, so mooi en so lekker gewees.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie vir die wonderlike terugvoer! Dit beteken vir ons regtig baie as ons gaste dit so geniet op die plaas. Ons hoop om julle binnekort weer te sien! Groetnis, Kobus en Lida.
Inge B - Mei 2021
Algehele gradering
Vinnige wegbreek vir een aand naby die huis.
Lees meerDassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Hallo Inge,
Dankie vir jou positiewe terugvoer. En ons is bly jy het jou kuier hier op die plaas geniet.
Ons is in die proses om planne te maak om die braai area op te deel. Daar is net baie faktore wat in ag geneem moet word, wat gaste miskien nie aan dink nie, soos die brandgevaar van 'n enkele vonk, omdat ons hooi/kafstoor baie naby aan die kothuise is, en 'n vonk of 2 groot skade kan maak, met 'n hele jaar se voer wat tot niet kan brand.... ;(
Dan is daar ook die uitsig wat belemmer gaan word indien ons 'n afskorting bou.... So, ons werk aan 'n oplossing sodat almal dit steeds kan geniet!!
Gelukkig probeer ek meestal dat daar nie te veel vreemde mense langs mekaar in die kothuise bly nie, ek sal eerder laat mense privaat wees, en die ander een "toemaak" vir daardie tyd. Of dan is dit ook meestal vriende wat wel kan saamkuier, wat langs mekaar bly en saam bespreek..
Ek hoop dit antwoord jou vrae?
Groetnis en hoop om julle weer gou te sien.
Lida
Elize S - Apr 2021
Algehele gradering
Friendly owners who would move the earth for their guests.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer. Ons hoop om julle in blommetyd te sien! Julle het nou klaar die voëls in die droë seisoen gesien, daar behoort weer ander te wees in blommetyd! Groete, Lida
Elise V - Aug 2020
Algehele gradering
Dit was die beste plek, eintlik baie beter as die gelyke in geldwaarde.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer Elise.
Ons is bly julle het die tyd hier by ons geniet.
(Ps. ons het mos daardie week oormatig baie reen gekry, en ons pad was bietjie verspoel, jammer daaroor. Ons sê mos nooit nee dankie vir goeie reen nie ;) Maar hy word nou weer geskraap, dan maklik begaanbaar)
Die rustigheid van die plaas is juis omdat ons 'n hele entjie van die teerpad is.. (6.5km)...
Ons sien uit om julle blommekykers weer hier te verwelkom.
Groetnis
Lida
Mariette D - Aug 2020
Algehele gradering
Fantasties, rustig en pragtig.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie Sarel en Familie. Ons is baie bly dat julle die naweek hier geniet het, al was dit baie koud en nat. Gelukkig is die Farm Stay cozy en kon julle julself besig hou met al die speletjies ens... Die belangrikste is dat julle lekker uitgerus het, en ons natuurskoon geniet het.
Kom kuier gerus weer!
Groete
Lida
Gerne M - Aug 2020
Algehele gradering
Rustig.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Dankie vir die positiewe terugvoer Gerné, ek is bly jy en jou gesin het die tyd hier by ons op die plaas geniet, en dat jy lekker uitgerus het in die stil plaasatmosfeer. Hoop om jou binnekort weer hier te sien,
Groete
Lida
Anina O - Mrt 2020
Algehele gradering
Rustige plaasatmosfeer met baie goed toegeruste fasiliteite, alles wat jy kan nodig kry is daar.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie Anina
Ons is bly julle het julle kuiertjie hier by ons geniet, en lekker uitgerus, al het julle gewerk.
Ons hoop ons sien julle span gou weer.
Groetnis
Lida
Bronwyn L - Mrt 2020
Algehele gradering
Wonderful.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Thank you, Bronwyn for the positive feedback.
We aim to let our guests feel at home and have all the luxury and spoils of great accommodation.
Really hope to see you soon.
Kind regards
Lida
Corne V - Des 2019
Algehele gradering
Lieflike mense en 'n fantastiese plek.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Dankie vir die goeie terugvoer, Corné. Ek is bly julle het julle kuier hier by ons geniet. Ons sien uit daarna om julle weer terug te verwelkom.
Groete
Lida en Kobus
Marina V - Okt 2019
Algehele gradering
Ongelooflik lekker.
Lees meerDassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie Marina vir die wonderlike terugvoer.
Ons is baie bly jy het jou tydjie hier by ons geniet, en dat jy lekker gerus het op die plaas.
Ons verwelkom jou graag weer binnekort!
Lida
Cornelius H - Jul 2019
Algehele gradering
Fantastiese plek vir 'n wegbreek, alles was 100%.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer Connie.
Die ideaal sou wees as julle in die Farm Stay kon bespreek, maar dit was reeds vol bespreek. En ook het julle op 'n naweek kom kuier wat dit omtrent stormweer was. In somermaande of gewone wintersaande is daardie braaiplek weer heerlik omdat jy kan uitkyk oor die hele werf.
Ek hoop tog julle kom kuier weer eendag vir ons, en dat julle dan bietjie die Farm Stay uit probeer met sy binnebraai of as dit mooiweer is, geniet almal die groot stoep by die kothuise met sy mooi uitsig of onder in die groot tuin by die Farm Stay.
Sien julle eendag weer.
Groete
Lida
Bruce M - Mei 2019
Algehele gradering
Wonderful. Relaxing. Great walks and wonderful animals on the farm.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Wonderlik. Ontspannend. Lekker gestap en wonderlike diere op die plaas.
Kinders het dit geniet.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Good day Bruce,
Thank you for the nice review. It was great having your family on the farm. Hope to welcome you back soon.
Kind regards,
Lida
Johan B - Mei 2019
Algehele gradering
Sielsverreikend.
Lees meerDassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie Johan vir die positiewe terugvoer. Ons is bly dat jy jou verblyf hier by ons geniet het. En dat jy goeie nagrus kon kry in ons stil omgewing na elke dag se harde werk.
En hoop om jou binnekort weer hier te verwelkom.
Groetnis,
Lida
Arjan S - Mrt 2019
Algehele gradering
Lovely stay.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Thank you for your visit Arjan, and your review.
Lida
Nicola F - Des 2018
Algehele gradering
Heerlik rustig en alles was netjies en gemaklik.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Hallo Nicola,
Dankie vir jou terugvoer, ons is baie bly jy het jou verblyf hier by ons geniet.... Ons hoop om julle weer in die toekoms te sien, veral as dit winter/lamtyd is - vir die kinders se onthalwe.
Groetnis!
Lida
Sharlene S - Des 2018
Algehele gradering
Baie skoon, netjies en heerlike ontspanningsplek.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Dankie Sharlene vir die terugvoer. Ons is bly jou kinders het dit ook geniet, en dat julle lekker uitgerus het voor die langpad terug.
Groetnis.
Lida
Anneleen S - Des 2018
Algehele gradering
Pragtige omgewing en lekker rustig op die plaas.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie Anneleen vir die terugvoer.
Ons is bly jy het jou kuiertjie in die Kaap hier by ons geniet, en hoop om jou weer te sien!
Groetnis,
Lida
Lynette V - Nov 2018
Algehele gradering
Excellent recharge venue.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Beste Lynette,
Dankie vir die terugvoer, ons is bly julle het jul kuiertjie hier by ons geniet.
Hoop om julle weer eendag hier te ontvang..
Groete,
Lida
Henriette P - Sep 2018
Algehele gradering
Dit was manjifiek, ons wil beslis weer gaan!
Lees meerDassenheuwel Farm Stay se terugvoer
So baie bly jul het lekker gekuier hier by ons. Sien julle binnekort weer.
Dankie vir die positiewe terugvoer, nou kan die ander ook sien hoe lekker dit hier is.
Groete
Lida
Alichia N - Aug 2018
Algehele gradering
Die mees gemaklikste en bes ingerigte selfsorg-eenhede ooit.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Hallo Alichia,
Ons is baie bly dat julle jul verblyf hier by ons op ons stukkie "Hemel-op-aarde" geniet het. Ons hoop om julle gou in die toekoms weer te ontvang en weer te spoil op die plaas.
Groete
Lida
Anzelle S - Jul 2018
Algehele gradering
As jy na 'n plek soek wat die siel voed, is dit Dassenheuwel Farm Stay & Cottage.
Lees meerDassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Hallo Anzelle,
Dankie dat jy jou ervaring met ons deel, en ons is baie bly dat jy jou kuiertjie op die plaas geniet het. Kom kuier nou net volgende keer bietjie langer.
Groete
Lida
Charlotte-louise E - Jun 2018
Algehele gradering
Pragtige huis wat uitstekend toegerus is.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Beste Charlotte-Louise,
Baie dankie, ons is bly dat julle die kuiertjie hier by ons geniet het. Kom kuier asb. weer!
Groetnis,
Lida
Corné G - Apr 2018
Algehele gradering
10 uit 10!
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Dankie Corné,
Ons is so bly julle het julle kuier hier by ons geniet. En dankie dat julle dit vertel soos dit waarlik hier by ons is ons is bly dat julle lamtyd kon beleef.
Ons hoop julle en die kinders kom kuier sommer gou weer, sal julle as gaste graag weer hier ontvang!
Lida en Kobus.
Jaco V - Feb 2018
Algehele gradering
Absolute stylvol, stil en rustig.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer... ons is bly julle het julle tydjie hier geniet.
Kom kuier gerus weer!
Groetnis
Lida
Anel R - Jan 2018
Algehele gradering
So mooi en rustig!
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Goeiedag Anel
Baie dankie vir die terugvoer, en ons is baie bly jy en jou gesin het die kuiertjie, al was dit kort, hier by ons op die plaas geniet. Kom kuier graag weer, maar sorg dat julle bietjie langer kuier, dat julle dit net meer kan geniet. Probeer lamtyd in Maart, jou dogtertjie sal dit baie geniet, of in die winter wanneer dit lekker snoesig is, of natuurlik blomtyd, dan is alles by ons grasgroen en die canola staan vol in die blom.
Groetnis
Lida
Corlia D - Des 2017
Algehele gradering
Rustige plaaskuier met moderne geriewe.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoering, Corlia. Ons is bly julle het dit hier by ons geniet.
Lida
Don U - Nov 2017
Algehele gradering
Excellent rural accommodation in a relaxed environment and exceptionally friendly hosts.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Don,
I am glad you and your family enjoyed your stay with us. Please visit again.
Thank you
Lida
Hennie G - Jun 2017
Algehele gradering
Lekker privaat en rustig.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Dankie vir die terugvoer Hennie. Ons is bly julle het dit geniet, kom kuier gerus weer.
Kobus en Lida
Robert D - Mei 2017
Algehele gradering
Onvergeetbaar.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer Robert,
Ons is bly julle het dit geniet, kom kuier gerus weer.
Lida
Janine J - Apr 2017
Algehele gradering
Fantasties!
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Hallo Johan en Janine,
Baie dankie vir jou terugvoer. Ons is regtig bly jy het ons stukkie "hemel" op aarde geniet, die plaaslewe is maar net baie lekker.... Ons sien uit om julle weer hier te ontvang.
Groetnis,
Lida
Charl W - Apr 2017
Algehele gradering
Heerlik en rustig! Lekker gebly.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Dankie Marianne. Ons is bly julle het dit geniet. Kom kuier gerus weer.
Lida
Annamarie J - Feb 2017
Algehele gradering
Rustig en sielsvernuwend.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Annamarie,
Baie dankie vir die terugvoer. Ons is bly dat jy dit geniet het. Kom kuier gerus weer.
Lida
Riana E - Nov 2016
Algehele gradering
Ons het heerlik oornag in dié smaakvolle eenheid!
Lees meerDassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Hallo Riana,
Dankie vir die terugvoer, en ons is bly dat julle die verblyf en die plaas geniet het.
Aangaande die braaifasiliteit, meeste van die gaste wat in die kothuise oorbly, bly meestal net 1 of 2 nagte oor, aangesien hier klomp onthaalplekke in die omgewing is, en die meerderheid by troues of feeste gaan kuier, of sommer lekker gaan uiteet in die Vallei....
Wat ek voorstel is dat indien jy heeltemal privaat wil wees, gaan die onderste gastehuis (Dassenheuwel Farm Stay) perfek wees vir jou behoeftes. Dit beskik oor 'n binnebraai, lekker buitebraai/boma onder die bome in 'n groot private tuin.... Daar sal jy kan rustig kuier en alleen wees, en niks hoef te deel met "vreemdelinge" nie.... Die Farm Stay is ook heeltemal apart van die kothuise.
Ons het wel al mense in die kothuise gehad wat mekaar nie ken nie, en maar om die beurt braai en kuier op die stoep, en ook dié wat daar en dan vriende maak en sommer saam kuier.....
Groete en dankie vir die ondersteuning.
Lida
Ronel D - Okt 2016
Algehele gradering
Dit was awesome!
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Dankie vir die terugvoer, Ronel.
Ons is baie bly dat jy jou kuiertjie op die plaas geniet het.
Ons hoop om jou weer eendag hier te sien.
Groetnis.
Lida
Louis D - Sep 2016
Algehele gradering
Ongelooflike ontvangs en gasvryheid van die eienaars na 'n lang dag se ry.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer Louis. Ons is bly julle het dit geniet.
Johann E - Sep 2016
Algehele gradering
Onopgesmukte gasheer en -vrou wat aangename, interessante verblyf op 'n pragtige plaas verseker.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie Johann, ons is bly dat julle dit hier by ons geniet het. En dis vir ons 'n voorreg om julle hier rond te wys. Hoop jy kon mooi foto's neem. Kom kuier gerus weer!
Groetnis
Lida
Hennie B - Jul 2016
Algehele gradering
Baie goeie ervaring.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie Hennie,
Ons is bly dat julle dit geniet het hier in ons stukkie 'hemel-op-aarde'. Kom kuier volgende keer langer.
Groetnis!
Lida
Laret L - Mrt 2016
Algehele gradering
Dit was soos om op my eie plaas te wees, tussen die diere en gasvrye mense.
Lees meerDassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Hallo Laret,
Baie dankie, ons is regtig baie bly dat julle jul kuier op die plaas kon geniet! Maak gerus weer so. Nou kon julle ook deel in ons lewe.
Groetnis!
Kobus en Lida
Suzean H - Mrt 2016
Algehele gradering
Fantasties!
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Baie dankie Suzean, ons is bly dat julle die kuiertjie op die plaas geniet het. Kobus en Lida
Elrien S - Mrt 2016
Algehele gradering
'n Naweek wat ons verwagtinge ver oortref het!
Lees meerDassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Hallo Elrien, baie dankie, en dit was vir ons een groot plesier! Ons is baie bly dat julle ons rustige atmosfeer op die plaas kon geniet. Kom kuier gerus weer.
Groetnis!
Lida
Benita I - Feb 2016
Algehele gradering
Teleurstellend.
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Hallo Benita,
Ons is jammer oor jou 'slegte' ervaring, veral omdat jy al voorheen by ons oorgebly het.
Vir die stukkie pad wat "sinkplaat" is, dis die SDR se gedeelte wat hulself in stand moet hou (ons mag nie), en hulle kom dit gereeld binne 'n sekere siklus skraap. Die res van die pad (wat ons s'n is), skraap onsself en die pad is eintlik in 'n baie goeie kondisie. Die eenheid word elke 2e dag gediens, wat ook by julle die geval was. Die selfoon sein is maar waarmee ons almal saamleef op 'n plaas, maar dis slegs in sekere vertrekke in die gastehuis waar nie selfoon sein is nie, buite is orals selfoon sein. Die ou huis se mure is baie dik, daarom is die sein swak in die huis, maar buite baie goed. (Ons het selfs nie eers meer Telkom lyne nie, ons kom net reg met selfone). Die enkele spinnerakke waarvan jy praat, kom oornag, spinnekoppe kom en gaan, en 'n spinnerak word binne minute gebou, dit was heeltemal skoon die oggend voor jy ingekom het. Die deure en sif deure moet toegehou word om die spinnekoppe en vlieë uit te hou, ons het jou daaroor gewaarsku, maar die deure was steeds oop.
Die plaas word elke dag ten minste een keer gepatrolleer deur ons plaaswag en die polisie, so, ons veiligheidsmaatreels is heeltemal in plek. Die noodnommer van die plaaswag is ook in die huisie aangebring, miskien het jy dit net nie gesien nie??
Die reëls en regulasies is maar by baie plekke, maar aangesien jy 'n ekstra persoon ingebring het, waarvoor jy nie bespreek het nie (jou bespreking was vir 2 volwassenes en 2 babas), en ook nie waarvoor ek jou gekwoteer het nie, en jy toe daarna ekstra moes betaal, kry ek die idee jy is kwaad oor die ekstra betaling. Dis jammer dat jy sosiale media gebruik om jou misnoeë uit te spreek, ons het reeds per epos alles uitgesorteer.
Jammer dat mens so moet reageer, maar soos jy kan sien, al die ander gaste, honderde van hulle, bly altyd baie lekker, en het geen probleem met enige iets in die huis of op die plaas nie. Miskien moet julle, n.a.v al jou teleurstellings eerder nie op 'n plaas in die vervolg bespreek nie.
Dis ons lewe, en baie mense is mal daaroor om ook 'n tydjie op 'n plaas te bly. Soos jy kan sien, geniet almal dit om hier te oornag.
Die foto's is presies die weergawe van ons huisies, niks is verbloem of opgemaak nie. "What you see is what you get", en as daar nou 'n ekstra "Daddy long legs" is, dis als deel van plaaslewe.
Groetnis!
Peter V - Nov 2015
Algehele gradering
Very well appointed cottage in tranquil environment
Dassenheuwel Farm Stay se terugvoer
Thank you, Peter! I'm glad you enjoyed your stay.
Bardine O - Mrt 2015
Algehele gradering
Heerlike en rustige plaasverblyf.
Yolande S - Jun 2014
Algehele gradering
Absoluut wonderlik!
Elsabe H - Apr 2014
Algehele gradering
Fantasties! 'n Paradys vir die kinders!
Estie M - Mrt 2014
Algehele gradering
Daar word vars plaasbrood afgelewer met julle aankoms!
Lees meerNadia M - Des 2013
Algehele gradering
Baie geniet.
Neil F - Nov 2013
Algehele gradering
Werklik baie geniet! Lida en Kobus se gasvryheid was fantasties.
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dassenheuwel, Malmesbury, 7299, Wes-Kaap