Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Branders Woonstel No 67

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paardekraal Laan `, De Branders 67, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 600 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

De Branders Woonstel No 67 is 'n ruim selfsorgwoonstel vir 4 aan die kusfront in Hartenbos.

Die dupleks-woonstel is op die derde verdieping en is maklik bereikbaar via die parkeerterrein. Daar is 2 slaapkamers en 2 badkamers op die eerste verdieping. Die hoofslaapkamer lei na 'n stoep met 'n see-uitsig en het 'n dubbelbed. Die kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet.

Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gebruik 'n badkamer met 'n stort, bad en toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strand- en badhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is op die grondverdieping en is met 'n stoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, Nespresso-masjien en 'n etenstafel toegerus.

Die sitarea het 'n TV en as gaste DStv wil kyk moet hulle asb. hul eie dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saambring. Glasstapeldeure lei vanaf die leefarea na 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai en 'n 180°-uitsig oor die see. Van hier af kan gaste gereeld skole dolfyne sien, asook robbe wat in die golwe speel en met geluk dalk 'n walvis. Die Strandverhoog voor op die hoofstrand bied vermaak aan kinders gedurende die skoolvakansie.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike braai-area en die swembaddens; een vir volwassenes en een vir kinders. Wasgeriewe is beskikbaar en daar is onderdakparkeerplek vir 1 voertuig en 'n sleepwaentjie. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Die kompleks het direkte toegang tot die strand en is net 500 m vanaf Hartenbos se seefront wat verskeie winkels, restaurante en 'n waterpark het.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Uitstekend

Netheid
4.1
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Lindie M
Gesin met tieners
5.0
Great akkommodasie wat als spotless was! Fantastiese woonstel, op die "prime spot". Ons gasheer was vriendelik en elke minuut behulpsaam. Als was in d...
Sien meer
Sep 2024
Johan D
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike plek, mooi uitsig. Baie lekker gekuier.
Jun 2024
Christiaan W
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik lekker gebly. Ons verblyf by De Branders woonstel 67 was werklik 'n hoogtepunt. Daar is beslis niks negatiefs om te sê nie.
Mrt 2024
Cristelle M
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker gebly. Baie lekker gebly, daar was net nie 'n braaibak nie, maar verder was alles great.
Jan 2024
Annamarie T
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker en ontspanne! Ligging is ideaal met tieners. Alles is loopafstand en veilig.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Sonja Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 30

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Paardekraal Laan `, De Branders 67, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Branders Woonstel No 67 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 600
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 2 600
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paardekraal Laan `, De Branders 67, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA90d2b3f0ce385431c5f8b7cea9beb7a55444db0f180a29d284cd6b9e71e9b6f2a489781baf7bfd7327b750162b21547e6f49?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 600 per nag (plek vir 4) 25 5 1 5 Paardekraal Avenue De Branders 67 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.123509695661 22.120015474904

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang