Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Nada

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Soldateklipstraat 4, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 520 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

De Nada is 'n selfsorgvakansiehuis 30 m vanaf die strand in Paternoster, 'n sonderlinge vissersdorpie aan die Weskus van Suid-Afrika. Paternoster is sowat 150 km noord van Kaapstad langs die R27 en 15 km noordwes van Vredenburg en 'n gewilde naweekbestemming onder Kapenaars. Die Weskus is vir sy ryk verskeidenheid plantspesies bekend en lok veldblom-entoesiaste van regoor die wêreld.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis, eetarea en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n ekstra enkelbed. Die gaste in hierdie 2 slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n stort, toilet en 'n wasbak het. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort en 'n toilet. Daar is 2 matrasse in die boonste solder wat op versoek en teen 'n ekstra koste deur 2 ekstra gaste gebruik kan word.

Die oopplan-kombuis en -eetarea is op die onderste verdieping. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 10.

Die oopplan-sitarea en -kuierarea is op die boonste verdieping en het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, 'n verwarmer en 'n etenstafel met sitplek vir 6. Dié area lei na 'n balkon wat gedeeltelik onderdak is en 'n etenstafel en 'n asemrowende uitsig het. 'n Toesluitmotorhuis is vir 2 voertuie beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort-oor-bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.4

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Sanet Geverifieer

Eiendomme 62

Resensies 834

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Soldateklipstraat 4, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Nada het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 520
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 3 520
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Soldateklipstraat 4, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7641a4a1b14e82c4f9fafe17d30b2fcfc050a05018e2a9736fccbd1f4db950a16be1302be924daa9f61e50111f4bb97fa2a9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 520 per nag (plek vir 8) 5 5 1 5 4 Soldateklip Road Paternoster 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -32.805769444444 17.897761111111

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang