Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Villiers Country Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Victoriastraat 13, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

De Villiers Country Lodge is 'n bekoorlike gastehuis wat slaapplek en ontbyt bied. Dit is in Elandsvallei, 'n pragtige woonbuurt in Villiersdorp, net 25 km van Franschhoek af in die Wes-Kaap. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf en gasvryheid weg van die stad se gedruis.

Daar is 5 slaapkamers en 1 kothuis. Die slaapkamers is in die gastehuis, is ruim, goed toegerus en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die een kamer is op die onderste verdieping en is rolstoelvriendelik.

Die kothuis is heeltemal privaat van die hoofgebou af geleë en is ideaal vir gaste wat op soek is na meer privaatheid. Al die kamers het geriewe soos gratis WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n balkon of stoep, koffie- en teemaakgeriewe en ander luukshede vir jou gerief.

'n Smullekker ontbyt word bedien in die eetarea. Ander maaltye is ook op versoek beskikbaar. Gaste kan kies tussen 2 gemeenskaplike sitkamers vir ontspanning of in die swembad afkoel op warmer somerdae.

De Villiers Country Lodge kan klein funksies of vergaderings vir sakelui akkommodeer. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir motors en die perseel is naby aan verskeie doendinge en geriewe soos die gholfbaan, Theewaterskloof-landgoed, wynroetes, museums en ander prettige aktiwiteite.

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 63 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Margaret K
Saam met vriende
5.0
Could not have asked for more. Johanni is the perfect host, and nothing was too much trouble. Breakfast was superb, beds were comfortab...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Dianne G
Gesin met tieners
5.0
Lovely place with very kind hosts. Wonderful hosts who went out of their way to make us feel at home. Perfectly situated for access to ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Gerardus V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie mooie plek om te bly. Ons het baie lekker gebly. Die gastvrou was wonderlik. Goeie ontbyt, mooi belangstelling. Die gastvrou het selfs ons klere ...
Sien meer
Jan 2024
Peter H
Saam met lewensmaat
5.0
Verskriklik lekker! Die gasvrou het seker gemaak ons het alles wat ons nodig het en het absoluut uit haar pad gegaan om ons gemaklik te maak!
Jan 2024
Lara D
Saam met lewensmaat
5.0
Vreeslik lekker gebly. Gemaklike bed, heerlike ontbyt en koffie, vriendelike gas. Sal definitief aanbeveel.
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Johannie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 63

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Victoriastraat 13, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Villiers Country Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Victoriastraat 13, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhjNzFhZWIzLTU4NTQtNGQwZi05Yzc0LWQwNDliNGJmNjFkNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense 63 5 1 5 13 Victoria Street Villiersdorp 6848 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.989574 19.2906039

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang