Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Desert Camp

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Anandi D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2025

Rustig, beeldskoon, netjies, alles wat jy nodig het, skoon, alles werk. Dit was fantasties!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Petro S
1 nag Saam met vriende
5.0
Des 2024

Die vriendelikste diens ontvang en heerlik in die swembad ontspan. Ons verlang klaar terug. Dit was fantasties. Die braaipakke was so keurig en lekker. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Taleni Africa
Desert Camp
Best Petro, Baie dankie vir die wonderlike terugvoer! Ons is baie bly julle het ons swembad, braai pakke en die vriendelike diens van ons span geniet! Sien uit na julle volgende kuiertjie by ons! Beste wense, Die Desert Camp Span.

Anne-mariè D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Asemrowende natuurskoon. Was heerlik en het dit baie geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Taleni Africa
Desert Camp
Beste Anne-mariè, Baie dankie vir die fantastiese terugvoer! Ons sien uit om julle weer te verwelkom! Beste wense, Die Desert Camp Span

Ernst M
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Apr 2025

Namibia toeriste vriendelik goeie diens. Eenhede sal beter wees met skadu oor die eenhede.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marius S
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Des 2024

Puik diens en lekker eenhede om in te bly en baie naby aan Sesriem. Puik plek om te bly, maar baie duur vir wat jy kry. Maar nie dat ons kla nie, dis net seker oor die hoë seisoen ens.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Taleni Africa
Desert Camp
Beste Marius, Dankie vir die terugvoer! Ons is bly om te hoor julle het ons verblyf eenhede geniet asook ons ligging! In die omgewing is ons die bekostigbaarste verblyf naas kampering. Sien uit om julle weer te verwelkom! Beste wense, Die Desert Camp span

Rouan D
1 nag Gesin met klein kinders
4.2
Jun 2024

Great and would book here again. It was clean, neat and had what you needed. The views were great and it is close to Sossusvlei.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Taleni Africa
Desert Camp
Dear Rouan, Thank you for the lovely rating and review! We are very pleased that you enjoyed our location, the clean facilities, and beautiful views! Looking forward to your next visit! Best wishes, The Desert Camp Team

Lorinda V
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Mrt 2024

In die woestyn! Pragtige ligging en omgewing! Skoon linne en slaapgeriewe! Ons was bewus van die huurdiens van die breekware, maar was nie voorbereid gewees dat die vorige gebruikers nie regtig die verblyf wil gebruik nie. Jy moet jou eie piekniekmandjie saamneem as jy wel van die verblyf wil gebruik maak! Geen handdoeke word voorsien nie - slegte handewasseep word voorsien. Die kamers het nie 'n koffiemaakarea nie - slegs die buitekombuis, ongelukkig nie bruikbaar as daar 'n sandstorm is nie. MAAR as jy daar stop vir oornag, 'n vinnige braai en weer ry, is dit 'n ideale plek met pragtige natuurskoon!

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Taleni Africa
Desert Camp
Beste Lorinda, Dankie vir die terugvoer. Bly julle het ons pragtige ligging, omgewing, skoon linne en slaapgeriewe geniet! Ons het breekware te huur asook 'n lys waar kos voorraad bestel kan word om self voor te berei. Nie seker wat u bedoel met eie piekniekmandjie nie? Daar Word altyd vars handdoeke voorsien in elke kamer - indien daar nie was nie, moes dit ongelukkig 'n fout van die skoonmaak en bestuur personeel gewees het wat dit moes nagaan - jammer daaroor! Beste wense, Die Desert Camp Span.

Erna V
Kort verblyf Saam met vriende
2.6
Mrt 2024

Baie mooi area, meer verwag van die verblyf. Hulle mis baie klein goedjies, soos hakkies vir handdoeke en koelplek. Hulle rekeningsdepartement is nie op standaard nie. WiFi was onbeskikbaar. Lugversorging het nie gewerk nie.

Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
1.0
Taleni Africa
Desert Camp
Beste Erna, Dankie vir die terugvoer. Bly julle het van ons mooi omgewing gehou. Daar is 'n yskas in die kombuisie op die stoep. Tydens julle verblyf was daar 'n wêreldwye probleem met internet a.g.v. beskadigde Seacom kabels in die Rooi See - dit het ongelukkig ons WiFi ook geraak. Ons het 'n span wat dadelik kan aandag gee as julle probleme met lugversorging ervaar en dit aanmeld by ontvangs. Alles van die beste! Die Desert Camp Span

Magda En Hannes B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2023

Was werklik fantasties. Ons het die sonsondergang en die sterre later geniet by 'n vuurtjie met 'n wyntjie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Taleni Africa
Desert Camp
Beste Magda & Hannes, Baie Dankie vir die mooi terugvoer en goeie punte. Ons is so bly julle het die ongelooflike sonsondergang en die mooi sterrehemel geniet. Hoop om julle binnekort weer te verwelkom. Best wense, Die Desert Camp Span

S. K
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Des 2023

Sielerus. Heerlik, soos voorheen. Dalk kan net iewers aangebring word dat die sterrenag beter is sonder ligte wat deurentyd skyn van die bure? Mense is soms onbewus hiervan, veral as hulle uit stedelike omgewings kom!

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Taleni Africa
Desert Camp
Beste S K, Baie dankie vir die wonderlike terugvoer! Ons is bly om te hoor dat julle die verblyf en rus vir die siel geniet het! Sal kyk om 'n nota aan te bring oor die ligte. Sien uit om julle weer te sien! Beste wense, Die Desert Camp span

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Taleni Africa Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 122

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R 2 835
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 2 835
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 112 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas op die C27/D826, Sesriem, 0000, Hardap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAqdKhjkj3zgtjUEcb1hT7hldAeyQMSSkafwQbRLky0oC7zZwOyP?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 835 per nag (plek vir 4) 25 5 1 5 Farm on C27/D826 Sesriem 0000 Hardap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.48687019377 15.849270693461

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011