Diamond Creek Bush Lodge
Kry 15% af. Geldig vir verblyf vanaf 5 Apr 2025 tot 7 Apr 2025.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Diamant-plaas, Langs die R520, Naboomspruit, 0560, Limpopo
-
Vanaf
R1 500R1 275 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Diamond Creek Bush Lodge is sowat 9 km vanaf Mookgopong in die bos versteek met skouspelagtige uitsigte oor die bos en op die Waterbergreeks.
Dié verblyf bied 6 selfsorg-chalets wat elkeen slaapplek vir 3 gaste het. Daar is 3 chalets wat elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n driekwartbed het, en die ander 3 chalets het elkeen 3 driekwartbeddens en 'n ekstra matras kan op versoek bygevoeg word. Elke badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die chalets het kombuisies wat met yskassies en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Braaigeriewe is ook by elke eenheid beskikbaar, en die eenhede word daagliks skoongemaak.
Gaste in die 6 chalets deel 'n gemeenskaplike kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, 'n gasbraai, eetgerei, breekware en 'n Weber-braai. Gaste kan in die Lapa voor die TV met sekere DStv-kanale ontspan, of saans in die boma kuier. Gratis WiFi is beskikbaar. Gaste kan ook in die swembad afkoel. Ontbyt, middagete en aandete is op versoek beskikbaar, en sal in die eetarea bedien word.
Die lodge bied 'n verskeidenheid aktiwiteite, soos voetslaanroetes, fietsry, wildritte en 2 gholfbane. Die area is ideaal vir voëlkyk en 'n verskeidenheid wildspesies kan gesien word, soos wildebeeste, blesbokke, njalas, gemsbokke, koedoes, bosbokke, rooibokke, kameelperde en ander inheemse kleinwild.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Esther Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 59
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Diamant-plaas, Langs die R520, Naboomspruit, 0560, Limpopo
- Gaste dink Diamond Creek Bush Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Naboomspruit Mookgopong Waterberg Limpopo
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Diamant-plaas, Langs die R520, Naboomspruit, 0560, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang