Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Blouhuisie

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Walter-singel 27, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7282, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Die Blouhuisie is 'n selfsorghuis by die see in Britanniabaai aan die Weskus. Hierdie seefronthuis bied 'n 180 grade-uitsig oor die see en is ideaal vir gesinne of groepe vriende wat op soek is na 'n rustige naweekwegbreek. Dit het ook 'n omsetter vir tydens kragonderbrekings.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Twee van die slaapkamers het koningingrootte-beddens en en suite-badkamers. Een van die en suite-badkamers het 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak en die ander een het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer het 4 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n induksiestoof, oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea het 'n stapeldeur wat na 'n groot dek met 'n groot etenstafel en 'n lieflike see-uitsig lei.

Buite op die stoep is daar braaigeriewe en 'n knus hangstoel en langs die stoep is daar 'n houtvuurwarmbad met 'n uitsig oor die see. 'n Weber-braai, kajak en 'n buitestort is ook beskikbaar, asook 'n veilige area naby waar gaste hulle boot kan los. Die huis bied ook veilige parkeerplek, 'n alarmstelsel en gratis WiFi.

Daar is verskeie besienswaardighede naby Die Blouhuisie, soos 'n gholfbaan, spa en 'n rits restaurante. Gedurende die seisoen kan gaste kreefduik, swartmossels versamel en rustig al langs die strand gaan stap. Daar is ook 'n moontlikheid dat gaste walvisse, dolfyne en pikkewyne sal raaksien.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

4 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai
Warmbad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Susan V
Saam met lewensmaat
5.0
Sad. We only stayed 1 out of our 5-night stay - this was due to the noise of the construction site next door which started at 8 am on M...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Colin M
5.0
Ongelooflik. Ongelooflike uitsig en geriewe. Werklik waarde vir geld. Kwaliteit met elke ding - vanaf handdoeke, potte en panne tot die dekor. Welgeda...
Sien meer
Mrt 2024
Cornelis H
5.0
Lekker, skoon, veilig. Ons het baie lekker gebly. Sal dit aanbeveel. Baie mooi see uitsig. Veilige area.
Aug 2023
Tandy R
Saam met lewensmaat
5.0
A wonderful stay. A lovely breakaway, we relaxed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2023
Anita V
Gesin met tieners
5.0
Pragtige huisie, mooi ingerig, fantastiese ligging. Direkte toegang tot mooi strand, lekker beskutte stoep. Alles wat mens nodig het vir paar dae se w...
Sien meer
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Kathy Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 81

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Walter-singel 27, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7282, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Blouhuisie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 5 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 5 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Walter-singel 27, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7282, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA40edcf62d23baf6d1ac098db8c1879774ac76547e7a5cd4e007e0d6bea1285c12385c33406dcc92ea48cb3db9faaae188d36?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 500 per nag (plek vir 8) 9 5 1 5 27 Walter Crescent Britannia Bay 7282 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.7208456 17.9314489

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang