Die Bosvarkie Accommodation and Camping
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Die Kas, Gamka-Oos, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
- Vanaf R300 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Die Bosvarkie Accommodation and Camping is 'n klein selfsorg-sinkhuisie op 'n plaas 6 km buite Calitzdorp, die porthoofstad van die Klein-Karoo. Die Bosvarkie het 'n boskroeg, restaurant en 'n kampeerplek op die plaas. Die Tiny House is die ideale plek om te ontspan en die omgewing is 'n fantastiese plek om te verken.
Verblyf is beskikbaar in die Tiny House-eenheid en 2 glaskamptente. Vir diegene wat verkies om hul eie kampeertoerusting saam te bring is daar ook kampeerplekke.
Die Tiny House is 'n klein selfsorg-sinkhuisie wat in dieselfde area as die kampeerplek geleë is. Die huis het 'n dubbelbed met 'n muskietnet, 'n staanwaaier, yskassie, gasstoofplaat, basiese eetgerei en breekware. Buite is 'n piekniekbankie en braaigeriewe.
Glanskamp Tent 1 bestaan uit 2 koepeltente wat geheg is aan mekaar met 'n verlenging. Dit het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens wat oorgetrek is met wit linne. Badhanddoeke word voorsien. Die tent is ideaal vir gesinne en bied slaapplek aan maksimum 4 gaste. Die tent het 'n buitetafel en stoele en 'n privaat braai-area.
Glanskamp Tent 2 is ruim en het 'n dubbelbed met wit linne. Badhanddoeke word voorsien. Die tent bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n buitetafel, stoele en 'n privaat braai-area.
Die kampeerplekke is in skaduryke areas met gras geleë wat dit ideaal maak vir tente. Braaidromme en roosters is beskikbaar. Die staanplekke is naby die boskroeg en restaurant.
Tiny House, die glanstente en kampeerplekke deel ablusiegeriewe wat warmwaterstorte, toilette en wasbakke het.
Gaste is welkom om 'n drankie of 'n maaltyd by die boskroeg en -restaurant te geniet. Daar is ook 'n gemeenskaplike swembadjie op die perseel waar gaste kan afkoel.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Cheryl Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Die Kas, Gamka-Oos, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
- Gaste dink Die Bosvarkie Accommodation and Camping het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Calitzdorp Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Die Kas, Gamka-Oos, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang