Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Kloof

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R303, Koelfonteinplaas, 4,7 km vanaf Prince Alfred's Hamlet, 6840, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 450 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Die Kloof is ’n opgeknapte historiese gebou met dik mure, ’n grasdak en tradisionele staldeure en is op Koelfonteinplaas naby Prince Alfred's Hamlet geleë. Dis 'n vrugteplaas wat al verskeie toekennings vir sy vars vrugte, droëvrugte en wyn ontvang het. Reisigers kan ook nou die luuksheid van die plaaslewe in hierdie wonderskone deel van die Wes-Kaap eerstehands ervaar. Die Kloof is 'n wonderlike selfsorg-toevlugsoord vir familie en vriende, ver weg van die stadsgewoel.

Die kloof het 'n selfsorgkothuis met slaapplek vir 6 gaste. Daar is 'n volledig toegeruste plaaskombuis, 'n vuurherd en moderne geriewe van ’n luukse plaaslewe. Die 3 slaapkamers, 1 met ’n dubbelbed, en 2 met 2 enkelbeddens elk, sitkamer en kombuis is gemeubileer met antieke plaasmeubels, luukse linne en sagte afwerkings.

Die antieke pootjiesbad sluit mooi aan by die luuksheid van die kothuis en daar is ook 'n beskutte buite-stort waar gaste die vars lug kan geniet. Die sitarea het 'n vrysstaande kaggel om die ergste winterkoue af te weer en daar is 'n tafel met sitplek vir 8 mense op die stoep. Daar is gemaklike sitplek buite waar jy lekker om die braaivleisvuur kan kuier. Die kothuis het 'n borrelbad waarin jy op warm somersdae kan afkoel, maar wat ook warm gemaak kan word as jy saans saam met jou geliefdes wil sterrekyk.

Omdat dit 'n historiese gebou is wat só gerestoureer is dat sy oorspronklike prag en praal behoue bly, is die hoofdubbelslaapkamer net bereikbaar via 1 van die kamers met 2 enkelbeddens. Die derde slaapkamer met 2 enkelbeddens, is slegs bereikbaar vanaf die stoep.

Pragtige eikebome omsoom die stoep en die buitebraai het asemrowende uitsigte op die kloof, oor die plaas na die dorpie Ceres met die Heksrivierberge in die verte.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 95 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Sonique E
Saam met vriende
5.0
Baie oulike huisie en het vreeslik lekker gekuier! Ek en my vriendegroep het vreeslik lekker gebly, dit is die perfekte plekkie gewees vir 'n naweek w...
Sien meer
Nov 2024
Erika V
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike gesinsnaweek geniet. Was goed vir die siel.
Okt 2024
Jj P
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig, goeie uitsig. Dit was lekker rustig, met 'n baie goeie uitsig en al die geriewe wat ons wou hê. Die binnebraai is 'n plus as die weer nie so l...
Sien meer
Okt 2023
Rudolph K
Gesin met tieners
5.0
Onvergeetlik. Dit is so 'n mooi plek en ons sou langer wou bly.
Okt 2023
Ester V
Saam met lewensmaat
5.0
Nostalgies mooi! Die eienaars het goed gedoen om dit so mooi te restoureer! Mooi plek in die kloof, met die mooiste uitsig! Netjies. Veilig. Vriendeli...
Sien meer
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Charmaine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 95

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • R303, Koelfonteinplaas, 4,7 km vanaf Prince Alfred's Hamlet, 6840, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Kloof het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Breederiviervallei Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 450
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 450
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R303, Koelfonteinplaas, 4,7 km vanaf Prince Alfred's Hamlet, 6840, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFlMWI4YTk0LWYyNjctNGU5Ny04YjcyLTdmY2ZiYjM2ODUyYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 450 per nag (plek vir 6) 95 5 1 5 R303 Koelfontein Farm 6840 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.248084684674 19.326864810186

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang