Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Ou Meul Gastehuis

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N9, Meulrivier, Noll, 6462, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 000 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Die Ou Meul Gastehuis is 'n oulike plaashuis op 'n skilderagtige werkende appelplaas in die Langkloofvallei naby Noll. Die huis spog met asemrowende uitsigte oor die plaasdam en omliggende berge, en dit is die ideale vakansiebestemming vir gesinne wat op soek is na 'n rustige wegbreek.

Die opgeknapte huis beskik oor vintage dekor en meubels, en dit akkommodeer tot 10 volwassenes en 'n kind in 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n bababed. Daar is 2 slaapkamers wat ingerig is met 'n dubbelbed terwyl die vierde slaapkamer 4 enkelbeddens het. Die badkamer is toegerus met 'n instapstort en 'n bad.

Daar is 'n yskas-vrieskas, asook 'n stoof, oond, mikrogolfoond en kooktoebehore in die kombuis beskikbaar, terwyl die ruim leefarea 'n kaggel en 'n etenstafel met sitplek vir 10 het. 'n Braai-area is buite die huis beskikbaar.

Gaste kan swem, voëlkyk, bergfietsry, voetslaan, of ontspan op die oewer van die plaasdam.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 4 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

3

1 x Dubbelbed

1 x Kinderbed vir 1

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

4 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Willie C
Saam met lewensmaat
5.0
Oornag oppad na George. Baie lekker gebly. Omgewing is fantasties.
Jan 2024
Adriana T
Gesin met tieners
5.0
Baie gerieflik. Ons is verlief op die ou plaashuis, pragtige tuin en lieflike dam. Baie ruim, gemaklik en goed geleë, net af van die N9, sonder dat di...
Sien meer
Jan 2024
Reuben G
5.0
Rustige uit die stad gejaag verblyf, 1 aand of 5 aande. Lekker rustige verblyf op 'n werkende vrugteplaas met 'n mooi uitsig op 'n dam en die berge in...
Sien meer
Des 2023
Mareli S
4.6
Beautiful, peaceful, perfectly priced, highly recommended. A peaceful stay in a beautiful setting. The farmhouse is charming with every...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023
Daniel M
Saam met vriende
4.2
Kalm, rustig en stil. Baie lekker. Tweede keer en sal weer.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Martha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • N9, Meulrivier, Noll, 6462, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Ou Meul Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N9, Meulrivier, Noll, 6462, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6BzYOBdO49xj8KinDYz2zNGh4tbgwrbntqtGheKLxjBTnGOAeY?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag, vir 10 mense 15 5 1 5 N9 Meulrivier 6462 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.774479810881 22.827126443138

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang