Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Prokureurshuis

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jubileestraat 31, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Vanaf R2 600 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Die Prokureurshuis is geleë in die klein Karoo-dorpie Sutherland wat bekend is vir sy sterrekyk en sneeu winters.

Dié ruim huis bied slaapplek aan tot 8 mense en beskik oor 4 groot slaapkamers, 2 badkamers in Victoriaanse styl, kombuis, eetarea, twee groot leefareas en 'n binnebraai-area.

Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort, asook ondervloerse verhitting. Daar is twee slaapkamers met dubbelbeddens en die vierde kamer is ingerig met twee enkelbeddens. Die 3 kamers deel die gebruik van 'n aparte toilet en 'n badkamer met 'n bad en stort, asook ondervloerse verhitting. Alle kamers het perkallinne, elektriese komberse en handdoeke wat voorsien word.

Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n AGA-stoof in werkende toestand. Twee kaggels in die leefareas sal jou warm hou in die koue winternagte.

Veilige omheinde tuin met braaigeriewe. Veilige parkering.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware
  • Ondervloerse verhitting

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 58 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Paul W
Gesin met tieners
5.0
Dit was amazing. As ouers is ons Afrikaanssprekendes, maar weens omstandighede het ons ons kinders algemeen Engelssprekend grootgemaak. Hulle was in e...
Sien meer
Okt 2024
Marina F
Saam met lewensmaat
5.0
Huis gerieflik en ruim. Vriendelike ontvangs. Baie ruim en alles wat 'n mens benodig. Beslis geskik vir heerlike familie kuier.
Okt 2024
Irene M
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome. Awesome stay and beautiful house. We would come and stay again for a longer period. Friendly and helpful hosts.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Loot R
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik en waarde vir geld. Lekker gesellig voor die kaggel. Elektriese kombers groot pluspunt teen die koue.
Aug 2024
Henda J
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowend. Dit was 'n vrek mooi huis, met alles wat jy aan kan dink beskikbaar, sal dit definitief aanbeveel!
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Jacques Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 169

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Jubileestraat 31, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Gaste dink Die Prokureurshuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 600
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R 2 600
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jubileestraat 31, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA243c54aa437888bd2a3f3d50903c6e82456cad8d0c1854f0078037e5e510f2a029328b9caf0934ba37a59b217f56e772c1b5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 600 per nag, vir 8 mense 58 5 1 5 31 Jubilee Street Sutherland 6920 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.394181470185 20.663490055225

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang