Die Rots Gastehuis
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R539, Mbombela, 1200, Mpumalanga
- Vanaf R990 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Knus versteek in die pragtige Schoemanskloof, ongeveer 40 kilometer van Mbombela (Nelspruit). Geleë op 'n plaas omring deur sitrusboorde, wat sag die geur van lemoen bloeisels versprei in die lentetyd. Die krokodilrivier vloei deur die plaas en bied lewegewende water aan die omringende areas. 'n Ryk voëllewe met Loeries, naguile, Paradysvlieëvangers en andere kan gesien word, asook - by geleentheid -kleiner wild soos bosbok, duiker, muskeljaatkat, bosvarke, jakkalse en selfs 'n seekoei.
Vyf goed-ingerigte luukse kamers, almal en-suite (bad en stort), elk met 'n eie ingang vanaf die dek. Pragtige uitsigte oor die berge vanaf die gerief van die dek. 'n Groot sitkamer is beskikbaar met 'n biblioteek vir jou genot.
Die Rots Gastehuis is 'n ideale wegspringplek vanwaar die menigte toeriste aantreklikhede van die Laeveld verken kan word of as 'n oornagstop oppad na Mosambiek of die Kruger Nasionale Park.
'n Kontinentale ontbyt word ingesluit in die tarief. 'n Sprankelende swembad is beskikbaar vir jou genot. Tee- en koffie maak geriewe is beskikbaar in elke kamer. Handdoeke word voorsien.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Elly & Kiewiet Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- R539, Mbombela, 1200, Mpumalanga
- Gaste dink Die Rots Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Schoemanskloof Mpumalanga
- Kapasiteit: 10 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R539, Mbombela, 1200, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang