Dis Al! Akkommodasie
- Kapasiteit: 38 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Dougall-straat, McDougallsbaai, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Dis Al! Akkommodasie bied selfsorgkothuise met ‘n strand-atmosfeer in McDougallsbaai, Port Nolloth.
Dis Al! Akkommodasie bied verblyf in 9 eenhede, genaamd Droom-kothuis, Ontspan-kothuis, Wegbreek-kothuis, Ruskans-kothuis, Salig-kothuis, Knus-kothuis, Vrolik-kothuis, Jolyt-kothuis en Tjailatyd. Elke kothuis het slaapplek vir 4, behalwe Tjailatyd wat slaapplek vir 6 het.
Elke kothuis het 1 kamer met 'n dubbelbed. Die kamer het ‘n dubbelbed, 'n en suite-badkamer het ‘n stort en toilet, asook 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n toilet. Daar is 2 enkelbeddens in die leefarea. Tjailatyd het dieselfde uitleg, maar bied 2 kamers.
Elke kombuis is toegerus met ‘n stofie, mikrogolf, yskas, kookgerei, eetgerei en breekware. Daar is ook ‘n TV met DStv EasyView, maar gaste moet asb. hul eie dekodeerder en slimkaart vir spesifieke kanale saambring. Braaigeriewe is op die stoep beskikbaar en die eenhede is troeteldiervriendelik.
Gaste kan op die strand stap en swem. Gaste kan ook die Richtersveld Nasionale Park besoek. Voëlliefhebbers kan 'n groot verskeidenheid voëls en spesies kom geniet.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Lynette Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 396
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Dougall-straat, McDougallsbaai, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap
- Gaste dink Dis Al! Akkommodasie het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 38 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Dougall-straat, McDougallsbaai, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap