Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dolfyn 302

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
    2 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-laan, La Mer, 302 Dolfyn, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R890 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Dolfyn 302 is 'n selfsorgwoonstel in 'n woonstelkompleks in die kusdorp, Hartenbos. Die kompleks is naby veilige swemstrande, restaurante en winkelsentrums geleë.

Hartenbos Waterfront, waar daar verskeie restaurante en winkels is, is 450 m vanaf die woonstel en die naaste stappaadjie by die strand is net 400 m ver.

Die woonstel het slaapplek vir 2 volwasse en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, wasmasjien, lugbraaier en tuimeldroër toegerus. Die leefarea bied toegang tot 'n toegeboude balkon met 'n ingeboude braai.

Gratis WiFi is beskikbaar en gaste kan die slim-TV en hul eie intekenbesonderhede gebruik om Netflix, Prime, DStv, YouTube en Showmax te stroom.

Aktiwiteite in die omgewing sluit swem, kajak, snorkel, skubaduik, bootritte, valskermsweef, gholf, voetslaan, putt-putt, museums, Jenewer-distilleerdery en Zipline in. Daar is ook 'n binneshuise warmwaterswembad by die ATKV-sentrum.

Daar is parkeerplek onder 'n skadunet en die perseel word deur 'n hoë heining omring.
Motorhektoegang is slegs via 'n gesigherkèn̈ning stelsel beskikbaar waarvoor n portretfoto asook n foto van die ID kaart of bestuurslisensie of die volle ID inligting van elke voertuigbestuurder benodig word.

Indien gaste nie bereid is om die inligting te verskaf nie kan hek afstandbeheer skakelaars teen addisionele koste verskaf word. Kansellasies in verband met n gebrek aan toegangbeheer inligting kan ongelukkig nie terugbetaal word nie.

Gaste kan ook die voetgangershek gebruik om toegang tot die straat te kry en dié hek word met 'n sleutel wat voorsien word oopgesluit.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 69 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Elrina K
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige atmosfeer. Baie lekker en gerieflik. Veilig en baie lekker atmosfeer.
Feb 2025
Jean C
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig, onspannend, netjies en skoon. Definitief, die woonstel was wonderlik en die wasmasjien het baie gehelp.
Feb 2025
Elize H
Saam met lewensmaat
5.0
Dit is 'n fantastiese plek om in te bly. Toegang tot die perseel is vooraf gereël met duidelike instruksies en foto's waar die sleutels is. Dit is sko...
Sien meer
Jan 2025
Charlene O
Saam met lewensmaat
5.0
Dit is die perfekte plekkie om te rus en net rustig te wees. Ons het lekker gerus. Ons sal elke naweek gaan as ons kan.
Jan 2025
Lezanne V
Saam met vriende
5.0
Netjies, skoon en veilig. Die verblyf is netjies, skoon en perfek geleë.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Etienne Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 69

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Port Natal-laan, La Mer, 302 Dolfyn, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dolfyn 302 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 890
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 890
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
    2 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-laan, La Mer, 302 Dolfyn, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4QAwBnYNdI5s1KJoq5PsqICTHzLw88CICRUy74RR1FPbbrixFJ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R890 per nag (plek vir 4) 69 5 1 5 Port Natal Avenue La Mer, 302 Dolfyn, Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.12891764096 22.112960938692

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang