Dolphin Beach A301
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marine-rylaan 1, Dolphin Beach A301, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R6 948 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Dolphin Beach A301 is 'n pragtige woonstel met moderne kenmerke wat in die veilige Dolphin Beach Hotel-oord in die gewilde kusgebied Bloubergstand geleë is. Hierdie woonstel is 'n ideale opsie vir 'n romantiese wegbreek, want dit spog met panoramiese uitsigte oor die see met die ikoniese Tafelberg in die agtergrond.
Dié stylvolle woonstel bied slaapplek aan 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-stort, terwyl die derde 'n dubbelbed het en gebruik maak van die derde badkamer wat ook 'n stort het. Skerp wit linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Langs die sitkamer is 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet.
Hierdie leefarea maak oop op 'n balkon met sonstoele en ekstra sitplek wat die perfekte plek is vir 'n skemerkelkie terwyl dit oor die see uitkyk. Gaste het volle toegang tot die oord se gemeenskaplike swembadarea en 'n wassery is ook op die perseel beskikbaar. Dolphin Beach Hotel bederf ook met direkte toegang tot die strand en veilige parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 760
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Marine-rylaan 1, Dolphin Beach A301, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Bloubergstrand Milnerton Rural Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marine-rylaan 1, Dolphin Beach A301, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang