Dolphin Crescent Views
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dolphin-singel 9, Shaka's Rock, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R8 900 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Dolphin Crescent Views is 'n vakansievilla met 'n see-uitsig in die hartjie van Shaka's Rock. Die villa is 'n wonderlike opsie vir 'n groot gesin of 'n groep vriende, want dit spog met 'n pragtige see-uitsig en is net 'n 300 m vanaf die strand.
Die villa bied slaapplek aan 8 volwassenes en 6 kinders en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers in die hoofhuis en 2 woonstelle met hul eie badkamers. Die hoofslaapkamer in die hoofhuis het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Hierdie 3 slaapkamers is slegs vir kinders geskik. Die derde badkamer het 'n bad. Die eerste woonstel het 'n slaapkamer met 2 koninggrootte-beddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en die ander woonstel het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die ruim oopplan-leefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, lugbraaier, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër is in die opwaskamer beskikbaar. Die kombuis lei na 'n eetarea met 'n binnebraai en 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV. Daar is ook 'n solder met gemaklike sitplek en 'n asemrowende see-uitsig.
Elke woonstel het lugversorging en 'n leefarea met 'n sitarea, eetarea en 'n volledig toegeruste kombuis. Buite is daar privaat stoepe met tafels en sitplek. Die hoofleefarea lei na 'n onderdakbalkon met 'n gerieflike sithoekie, Weber-braai, ingeboude braai en 'n uitsig oor die omgewing.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Kinderbed vir 2
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Kinderbed vir 2
Slaapkamer
1 x Kinderstapelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Elsbeth Geverifieer
Eiendomme 18
Resensies 103
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Dolphin-singel 9, Shaka's Rock, 4399, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Shaka's Rock Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dolphin-singel 9, Shaka's Rock, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang