Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dornoch on Gowrie Farm

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clubhouse-weg 208, Gowrie-plaas, Nottingham Road, 3280, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 925 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Dornoch on Gowrie Farm is 'n stylvolle selfsorgwoonstel op die skilderagtige en veilige Gowrie Farm Golf Estate in die hartjie van die KwaZulu-Natalse Middellande geleë is. Die woonstel, vernoem na die bekende Royal Dornoch-gholfbaan in Skotland, bied die perfekte vakansiebestemming aan enkelreisigers en paartjies wat Nottingham Road vir vakansie of besigheid besoek.

Die oopplan-woonstel bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n dubbelwasbak, stort, toilet, verhitte handdoekrelings, ondervloerse verhitting en handdoeke. Sjampoe, opknapper, seep, 'n haardroër en toiletpapier word ook voorsien. 'n Vollengte spieël is net buite die badkamer geleë. Die woonstel bied katoenperkallinne, elektriese komberse, ekstra komberse, 'n plafonwaaier, ingeboude kaste met rakke, hangplek en stoorplek vir tasse. Dornoch word daagliks skoongemaak, tensy anders versoek, en 'n strykyster en -plank is beskikbaar.

Die woonstel het ononderbroke kragtoevoer (UPS) wat outomaties in die geval van 'n kragonderbreking of beurtkrag aangeskakel word. Dit hou die TV, DStv, WiFi en sommige ligte tydelik aan die gang.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, dompelkoffiepot, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook gemaklike sitplek, 'n lessenaar en 'n TV met die volle DStv-pakket en WiFi. 'n Verwelkomingspakkie, tee, koffie, basiese spensprodukte (sout, peper en olie) en skoonmaakmiddels word voorsien.

Buite is daar 'n privaat tuin met 'n gasbraai, sitarea, privaat ingang en 'n onderdakparkeerplek. Dornoch bied maklike toegang tot die Gowrie-gholfbaan, Midlands Meander-toeristeroete en die talle trou-venues in die area.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Leefarea 1 Badkamer

Leefarea

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ligging

  • Clubhouse-weg 208, Gowrie-plaas, Nottingham Road, 3280, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 925
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 925
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clubhouse-weg 208, Gowrie-plaas, Nottingham Road, 3280, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbadf902e4a1e62e29044b3f6b3f9155629f7b9e73507866ede97e735a8694f52c9ec5e9768d762827210581f7993820f5d26?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 925 per nag (plek vir 2) 208 Clubhouse Road Gowrie Farm 3280 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -29.358882009756 30.003613480986

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang