Drika's Verblyf
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17de Laan 21a, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Vanaf R1 550 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Drika's Verblyf is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorgwoonstel vir tot 4 mense in Mosselbaai.
Die woonstel het 'n privaat ingang en bestaan uit 2 slaapkamers wat die gebruik van 'n badkamer met 'n stort deel. Die 1 kamer het 'n dubbelbed, terwyl die tweede kamer 2 driekwartbeddens het, en vir gerief word linne voorsien.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n gasstoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Wasmasjien is beskikbaar en 'n induksieplaat is op versoek beskikbaar.
Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet of ontspan in die sitkamer is toegerus met 'n TV met DStv. Die leefarea maak oop op 'n stoep met braaigeriewe.
Drika's Verblyf is net 350 m vanaf die gholfklub, 550 m vanaf die Mosselbaai Hospitaal, en 1 km vanaf die middedorp. Mosselbaai bied 'n verskeidenheid doendinge wat wissel van visvang, veilige swemstrande, bergfietsroetes, 4x4-roetes, en besienswaardighede soos die Bartholomeu Dias Maritieme Museum, Cape St Blaise-vuurtoring, en meer.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Tobie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 17de Laan 21a, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink Drika's Verblyf het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Sentraal Mosselbaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17de Laan 21a, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang