Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Drummers Nest

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Maylaan 53, Adamayview, Klerksdorp, 2571, Noordwes
  • Vanaf R350 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Drummers Nest is in Klerksdorp geleë en bied 3 selfsorg-eenhede wat altesaam tot 11 gaste kan akkommodeer. Eenheid 1 en 2 is op dieselfde deel van die eiendom geleë terwyl Eenheid 3 apart is.

Eenheid 1 bestaan uit 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer met 'n stort. Die leefarea kan op versoek met óf 'n dubbelbed óf 2 enkelbeddens ingerig word, en het ook 'n TV met 'n DVD-speler. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond en yskas.

Eenheid 2 is toegerus met 'n dubbelbed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die privaat badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n TV met verskeie DVD's waarna gaste kan kyk. Die kombuis is toegerus met 'n yskassie, tweeplaatstoof, oond, tee- en koffiemaakgeriewe en eetgerei.

Hierdie 2 eenhede is ideaal vir 'n groepbespreking van 6 gaste.

Eenheid 3 beskik oor 2 slaapkamers wat altesaam tot 5 gaste akkommodeer. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n driekwartbed. Die eenheid beskik ook oor 'n sitarea wat toegerus is met 'n TV, kaggel en 'n ekstra enkelbed. Die eenheid het ook 'n braai-area en veilige parkeerplek. Bykomende braaigeriewe kan op versoek voorsien word.

Die waterstelsel is weens Klersdorp se watergehalte met 'n filtreerstelsel aan die boorgat gekoppel. Dit beteken dat daar geen water beskikbaar is tydens beurtkrag nie.

Parkeerplek is langs die eenheid beskikbaar. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Drummers Nest is net 2 km vanaf die Matlosana Mall, 2,7 km vanaf die Wilmed Privaat Hospitaal, en 3 km vanaf die Life Anncron Hospitaal. Klerksdorp bied 'n verskeidenheid restaurante, en besienswaardighede soos die Rio Hotel Casino and Convention Resort, die Faan Meintjies Natuurreservaat, en die Parklands Gholfbaan vir die gholfspelers, en meer.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 65 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Wynand V
5.0
Sal definitief aan beveel en weer bespreek. Baie lekker gebly. Gemaklik en baie netjiese plek. Voertuig was veilig en geen bekommernisse nie.
Sep 2024
Roland D
5.0
Pleasant. Had a lovely time. Drummer's Nest is really lovely, safe, clean, and within a stone's throw from Matlosana Mall and Flamwood ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Roland D
Gesin met tieners
5.0
Lekker man, lekker! Man, vir 'n budget-friendly plekkie, is Drummer's Nest tops. Ek en my twee kinders het só lekker gebly. Die DVD-speler en die vers...
Sien meer
Jun 2024
Salome N
Saam met lewensmaat
5.0
Aangename wegbreek. Aangename wegbreek van die huis af. Naby genoeg aan die plekke.
Okt 2023
Emmerencia C
5.0
Wonderful. We had a lovely stay at Drummers Nest. Aunt Adele has a beautiful heart and helped me with an unplanned day to book another ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Adele Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 65

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Maylaan 53, Adamayview, Klerksdorp, 2571, Noordwes
  • Gaste dink Drummers Nest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Klerksdorp Noordwes
Vanaf
Vanaf R 350
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 350
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Maylaan 53, Adamayview, Klerksdorp, 2571, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA883abe9b9461db7a22cb2764674ff84faaa591de413ffb9a8a98b9183c1662bd7f72a858b55e1ac7b92caefc9175fa9aeeea?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R350 per nag (plek vir 2) 65 5 1 5 53 May Avenue Adamayview 2571 Noordwes 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -26.846301673108 26.692428833135

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang