Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Dunelm Gasteplaas

  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R711, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Dunelm Gasteplaas naby Clarens, is in die middel van die Brandwaterkom, in die Oos-Vrystaat naby die Lesotho-grens en is 'n gerestoureerde historiese herehuis op 'n wildsplaas geleë tussen die berge.

Verblyf word gebied op 'n werkende gasteplaas in ruim selfsorg-eenhede met pragtige uitsigte oor die plaas en sandsteenberge. Elke eenheid het 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Elke kamer beskik oor 'n verwarmer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak, toilet, en verhitte handdoekreling. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die en suite-badkamer is ingerig met 'n bad, wasbak, toilet, en verhitte handdoekreling. Al die nodige linne, komberse en handdoeke word voorsien. Komplimentêre lyfroom en seep vir die eerste nag is ingesluit.

Die ruim leefarea het 'n ingeboude gaskaggel en is smaakvol versier. Die leefarea beskik ook oor 'n LCD-TV met sekere DStv-kanale. Die kombuis is volledig toegerus met houtkaste en granietblaaie. Koffie- en teemaakgeriewe word voorsien, asook 'n komplimentêre glasie sjerrie of alkoholvrye vonkelwyn met aankoms. Ons voorsien ook 'n komplimentêre sak houtskool vir die eerste braai. Elke onderdakstoep het ingeboude braaigeriewe. Die eenhede word op versoek skoongemaak binne die reëls van COVID19, behalwe op Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae, en parkeerplek word voorsien.

Gaste kan heerlik op die plaas gaan stap, wildkyk en swem. Die plaas is op die R711, net 17 km van Clarens af op pad na Fouriesburg.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 74 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Mof E
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik mooi area. Baie lekker en skoon en ongelooflik mooi.
Mrt 2025
Miguel T
Saam met lewensmaat
5.0
Thank you. Our stay was awesome, will most certainly stay there again. Lovely place.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2025
Marsha L
Saam met lewensmaat
5.0
Rus vir die siel. Die chalets is super netjies en skoon, daar ontbreek niks, baie gemaklik. Die ligging is baie sentraal, mooiste uitsig oor die berge...
Sien meer
Feb 2025
Marie D
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut heerlik! Ons het baie lekker gebly! Dis veilig, netjies en goed geleë. Gasvrou vriendelik. Uitsig pragtig. Goed toegerus met alles wat 'n men...
Sien meer
Des 2024
Isabel K
Saam met lewensmaat
5.0
Ons sal beslis weer daar gaan bly; dit baie geniet. Ons het heerlik gebly, baie mooi, netjies en ruim eenheid. Pragtige uitsig oor omgewing, berge, en...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Juanélle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 74

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • R711, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Dunelm Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R711, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRhYzVjMzE0LWJjNzYtNGRmNy1iMDYxLTlhYzRiN2JlNDZhYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2) 74 5 1 5 R711 Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.634630142037 28.369799852371

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011