Dunstone Country House
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Bovlei-pad, Wellington, 7655, Wes-Kaap
- Vanaf R2 450 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Dunstone Country House is op 'n wyn- en vrugteplaas in die buitewyke van Wellington in die prentjiemooi Bovlei-vallei geleë. Dunstone Country House is 9 ha-plaas wat bekroonde wyne produseer en pragtige natuurskoon met 'n rustige atmosfeer bied.
Die plaashuis bied verblyf in 5 gaste-suites en 'n selfsorgkothuis. Die pragtig ingerigte gaste-suites is in die opgeknapte stalle geleë en bied uitstekende uitsigte op die berge en oor die wingerd. Elke suite het 'n privaat ingang, stoep, lugversorging, japonne, koffie- en teemaakgeriewe, 'n kluis, TV met sekere DStv-kanale, 'n DVD-speler en 'n USB-koppelpunt. Elke suite het 'n en suite-badkamer en bad- en swemhanddoeke word voorsien.
Die gaste in die suites het toegang tot 'n lieflike gemeenskaplike gaste-sitkamer met 'n uitsig op die berge en oor die wingerd, en 'n randvloeiswembad. Die Vine-wittebroodsuite het sy eie privaat Jacuzzi, tuin, braai-area en 'n kaggel.
Die selfsorgkothuis, Guava-kothuis, is 'n tweeslaapkamerkothuis in die koejawelboord met sy eie swembad en braai-area.
Die kothuis het 'n kaggel, lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi. Dit is ook vir selfsorg toegerus en sluit elkeen 'n yskas-vrieskas, oond, stoof en mikrogolfoond in.
Die landgoed spog met 'n gesinsvriendelike bistro op die perseel en bedien heerlike, tuisgemaak plaas-etes. Geniet ontbyt en middagete, en 'n wynproe by die boetiekwynkelder. Gaste het die opsie om 'n ontbytmandjie by hulle kothuis te laat aflewer, of hulle kan dit in die laventel-teetuin met 'n uitsig oor die wingerd en op die Groenberg geniet.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Natascha & Dirk Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 25
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Bovlei-pad, Wellington, 7655, Wes-Kaap
- Gaste dink Dunstone Country House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bovlei Wellington Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Bovlei-pad, Wellington, 7655, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang