Eikelaan Farm Cottages
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R46, Eikelaan Plaas, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Eikelaan Farm Cottages is op 'n 200 ha werkende plaas in die pragtige historiese dorpie Tulbagh geleë. Dit boer met wingerde, olywe en skape en vorm deel van die Boland se Wynroete wat sowat 90 minute van Kaapstad af van die R46 af is.
Die plaas bied rustige selfsorgverblyf. Dit fokus daarop om gaste die geleentheid te gee om hul batterye te herlaai deur weg te breek van die werklikheid vir 'n totaal ontspannende en verkwikkende verblyf in die skilderagtige omgewing. Die kothuise het slaapplek vir 4 tot 6 gaste en is ingerig met gemak in gedagte. Elke kothuis het sy eie badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kothuise het lugversorging en elkeen het hul eie kombuise wat toegerus is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die sitkamers het gemaklike rusbanke en 'n knus houtvuurkaggel.
Gaste het toegang tot 'n swembad, 'n Lapa-area en 'n kinderspeelarea, en kan staptogte in die Fynbos geniet, voëllewe waarneem en die wonderlike sonsondergange oor die Tulbagh-vallei sien.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Lynette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- R46, Eikelaan Plaas, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Gaste dink Eikelaan Farm Cottages het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R46, Eikelaan Plaas, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang