EL JO Karoo Selfsorg Gasteplaas
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Poortjie Plaas, Langs die R384/AP2997, Vosburg, 8780, Noord-Kaap
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
EL JO Karoo Selfsorg Gasteplaas is op die R384-teerpad net 20 km van Vosburg af.
Verblyf word in 3 gastekamers gebied. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite- badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer. Elke slaapkamer, die leefarea en kombuis het 'n dakwaaier.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, yskas-vrieskas, breekware, eetgerei en potte toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies.
Die sitarea het 'n lekker kaggel en hout word voorsien.
Daar is ook 'n binnebraai-area wat na die tuin met 'n plonspoel lei.
Sonkrag is te alle tye beskikbaar. Linne en handdoeke word voorsien. Ontbyt, sowel as braaipakke is op versoek en teen ekstra koste beskikbaar. Die huis word daagliks skoongemaak.
Die plaas is 'n paradys vir voëlkykers en het ook 'n stap- en fietsryroete van 12 km. Dit begin by die gastehuis en kronkel deur die grootwild- en springbokkamp en eindig weer by die gastehuis. Let asb. dat die plaas met 'n grondpad bereik word.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Elsabe Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 39
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Poortjie Plaas, Langs die R384/AP2997, Vosburg, 8780, Noord-Kaap
- Gaste dink EL JO Karoo Selfsorg Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Vosburg Karoo Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Poortjie Plaas, Langs die R384/AP2997, Vosburg, 8780, Noord-Kaap