Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

El Morado Guest Farm

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1,3 km vanaf die R538, Yaverland, 5 km vanaf Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

El Morado Guest Farm is op 'n pragtige grenadellaplaas geleë 5 km buite Witrivier en is ideaal vir gaste wat verblyf soek vir óf 'n troue óf om die Krugerwildtuin te besoek.

Dié eiendom bied gaste 'n keuse van óf 2 selfsorg-eenhede wat hul eie buite-gasbraaigeriewe het, óf 2 eenhede wat verhit-en-eetgeriewe bied. Al 4 eenhede het slaapplek vir 2 gaste elk en is óf ingerig met 'n koningingrootte-bed, dubbelbed óf 2 enkelbeddens. Elke badkamer is toegerus met óf 'n stort óf 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.

Die 2 selfsorg-eenhede beskik oor 'n kombuisie wat toegerus is met 'n induksieplaat, mini-oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n 2-sitplek-eetkamertafel. Die ander 2 eenhede het 'n koffiestasie met 'n mikrogolfoond en 'n yskassie. Vir gaste se vermaak het elke kamer 'n slim-TV met Netflix asook gratis WiFi.

Alle kamers het direkte toegang tot die swembadarea en kan op versoek as 'n geheel bespreek word. Indien die eiendom as 'n geheel bespreek word, sal 'n lapa ook beskikbaar wees met 'n kombuis en braaigeriewe.

Die area bied 'n wye verskeidenheid doendinge soos stap- en fietsryroetes. Die ligging van El Morado Guest Farm is 'n kort entjie se ry vanaf die dorp, 35 km vanaf die Krugerwildtuin en 52 km vanaf Sabie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • 1,3 km vanaf die R538, Yaverland, 5 km vanaf Witrivier, 1240, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1,3 km vanaf die R538, Yaverland, 5 km vanaf Witrivier, 1240, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA70721393af84ba64d7c1182eddfdf36718cd7f20ce1a3f9f3475cd9fa2a0bb42698c69e8b830f81c4be57c9b208ebe7abbc2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 1.3 km from the R538 Yaverland 1240 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.32772460957 31.055196758353

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang