Elemental Beach House
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Walter-singel 7, Brittaniabaai, St. Helenabaai, 8000, Wes-Kaap
- Vanaf R6 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Elemental Beach House is 'n lieflike dubbelverdiepinghuis op die strand in 'n bekoorlike vissersdorpie, St. Helenabaai. Die huis is naby die strand, hawe en restaurante.
Dié selfsorghuis het slaapplek vir 8 gaste en het 5 slaapkamers, 3 badkamers, 'n gastetoilet en 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde en vierde slaapkamers het elk 'n dubbelbed. Daar is 2 enkelbeddens in die vyfde slaapkamer. Elke badkamer het 'n bad.
Op die boonste verdieping is daar 'n balkon-dek met 'n swaaibed en rusbanke. Die balkon het stapeldeure wat al langs die balkon loop en dit kan oopgemaak word om die mooi see-uitsig en vars -lug.
Die kombuis is met 'n gasstoof en -oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n groot etenstafel met sitplek vir 8 en 'n binnebraai. Die sitkamer het stapeldeure wat lei na 'n stoep met stoepmeubels, ingeboude braaigeriewe en 'n lieflike swembad met sonstoele.
Daar is 'n houtpaadjie wat van die tuin en swembad-area reg na die strand toe lei, en die see is net meters weg. Die huis is troeteldiervriendelik, maar troeteldiere mag nie op die beddens of meubels wees nie. Gaste moet asb. hul eie troeteldiermatrasse en bakke saambring en ook agter hulle honde skoonmaak as hulle strand toe gaan.
Doendinge in St. Helenabaai sluit swem, visvang, walviskyk, snorkel, duik en gholfspeel in.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Kinderbed vir 2
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Stephne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Walter-singel 7, Brittaniabaai, St. Helenabaai, 8000, Wes-Kaap
- Gaste dink Elemental Beach House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Walter-singel 7, Brittaniabaai, St. Helenabaai, 8000, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang