Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Elephant House

  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Addo Nasionale Olifantpark, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
  • Vanaf R3 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Elephant House is 'n eksklusiewe lodge naby die Addo Olifantpark, in die sonnige Sondagsriviervallei. Die breë verandas met gerieflike rusbanke omsoom 'n aantal binnehowe wat die argitektuur definieer. Die dekor by Elephant House herinner mens aan die koloniale era en Afrika-beelde en die plek is gemeubeleer met die eienaar se private versameling oudhede, Persiese tapyte en Africana-kuns.

Die 11 ruim kamers lei na die binnehowe en privaat verandas. Ons luukse, koloniale kamers het elkeen 'n hoofslaapkamer met 'n en suite-badkamer met bad en stort en is geleë in welige, gevestigde tuine. Ons stalkothuise is oorkant die hoofhuis geleë. Elkeen van die 5 kothuise is toegerus met 'n yskassie en koffie en teemaakgeriewe.

Die sjef bedien heerlike, ligte middagetes langs die swembad en na jou skemerkelkie kan jy aansit vir 'n onvergeetlike driegangmaaltyd wat voorberei word met flair en persoonlike aandag.

Kinders is welkom en kinderoppassers is beskikbaar op versoek. Kinders is ook welkom om van die klubhuis met sy speletjies, TV met DVD's en skootrekenaar gebruik te maak.

Ons doen daagliks 'n toer deur die park wat gelei word deur ons olifantkenner wat jare se ervaring het. Die toer word gedoen in ons oop Land Cruiser. Beide uitstappies begin en eindig by The Elephant House. Drankies en peuselhappies is beskikbaar teen 'n addisionele koste gedurende die wildritte (dit is nie ingesluit by die akkommodasietarief nie).

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Helga Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 16

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • Addo Nasionale Olifantpark, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
  • Gaste dink Elephant House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Addo-olifantpark Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R 3 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 3 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Addo Nasionale Olifantpark, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQwY2Y3NTY4LTg4NzQtNGQ4OS05N2I1LTRjMjZhOTEzZTU0Zg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 100 per nag (plek vir 2) 7 5 1 5 Addo National Elephant Park Gqeberha (Port Elizabeth) 6001 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 11:00 -33.506065194699 25.69221496582

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang