Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Emthanjeni Lodge

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 38 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 4de Laan 21, Waterdal, De Aar, 7000, Noord-Kaap
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Emthanjeni Lodge is op 'n 1,7 hektaar-eiendom geleë en bied gaste 'n keuse van kamers in De Aar, en is ideaal vir oornaggaste en sakereisigers.

Die kamers is almal gemeubileer met enkel- en dubbelbeddens, en het en suite-badkamers. Gerieflikheidshalwe word linne voorsien. Die kamers is almal toegerus met TV's met Hotelpakket DStv, klein yskaste, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Elkeen van die kamers het 'n braai-area en haardroërs is by ontvangs beskikbaar. WiFi is beskikbaar en parkeerplek word op die perseel voorsien.

Die Familie Selfsorg-eenhede het elkeen 'n tweeplaatstoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n elektriese pan, asook potte en panne. Die Honeymoon Suite is naby die swembad geleë en het 'n volledige en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort.

Gaste kan ontbyt langs die swembad geniet of in die tuin ontspan wat die tuiste van 'n oorvloed voëllewe is. 'n Konferensiesentrum en 'n ontvangsarea is beskikbaar vir gebruik.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
3.9
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.2
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Erika Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 4de Laan 21, Waterdal, De Aar, 7000, Noord-Kaap
  • Gaste dink Emthanjeni Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

De Aar Karoo Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 38 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 4de Laan 21, Waterdal, De Aar, 7000, Noord-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAq1KKVzHKQBnSR8pLiUd35htbAi3xZHv4MW4lMeYY9r0uPP3XWb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 11 5 1 5 21 4th Lane Waterdal 7000 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 09:00 -30.672366 24.014434

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang