Family Tides
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Bermuda-weg, Mtunzi Park 65, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
- Vanaf R870 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Family Tides bied gerieflik gemeubileerde selfsorgverblyf vir tot 6 mense in Scottburgh, en is minder as 100 m van die strand af geleë.
Die meenthuis het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens met uittrekbare kinderbeddens onder. Die kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort en 'n aparte toilet. Gerieflikheidshalwe word linne voorsien, gaste moet asseblief hul eie bad- en strandhanddoeke saambring. Op versoek en teen 'n ekstra koste kan badhanddoeke voorsien word.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe.
Gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n TV met sekere DStv-kanale, en oopmaak op 'n privaat stoep met braaigeriewe vir gaste om te gebruik. Family Tides is 'n nie-rook instansie en troeteldiere kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.
Onderdakparkeerplek word voorsien en gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad in die kompleks.
Scottburgh bied 'n verskeidenheid doendinge soos voëlkyk, visvang, swem, snorkel en duik, branderplankry, voetslaan en gholfspeel. Gaste kan ook Crocworld besoek wat die tuiste van 'n verskeidenheid voëls en reptiele is.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Marelise Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Bermuda-weg, Mtunzi Park 65, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Family Tides het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Scottburgh Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Bermuda-weg, Mtunzi Park 65, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang