Farai’s Whisken Apartment
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Whiskenlaan, Crowthorne AH, Midrand, 1684, Gauteng
- Vanaf R2 529 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Farai's Whisken Apartment is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel wat sentraal op die veilige Whisken Lifestyle Estate in Kyalami, Midrand geleë is. Dit is die ideale opsie vir vakansiegangers en sakereisigers.
Dié eenheid het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en gaste gebruik 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Die sit- en eetarea het gemaklike sitplek. Daar is 'n TV en gratis WiFi.
Die leefarea lei na 'n oulike balkon. Gaste het toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembad, gimnasium en leefstylsentrum. Veilige onderdakparkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Alimama Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 100+
Resensies 8
Op LekkeSlaap 5 maande
Ligging
- Whiskenlaan, Crowthorne AH, Midrand, 1684, Gauteng
Sien meer verblyf in Kyalami Sandton Midrand Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Whiskenlaan, Crowthorne AH, Midrand, 1684, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang