Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Farm House At Elvesida

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dargle-weg 4, Boston, Impendle, 3211, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R4 800 per nag, vir 12 mense

Beskrywing

Farm House At Elvesida is in die pragtige Boston-vallei van die Natalse Middellande, sowat 135 km vanaf Durban, geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n werkende plaas met plaasdiere, skape en beeste, wat dit 'n ideale opsie maak vir 'n gesinswegbreek.

Dié eiendom kan tot 12 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is 2 slaapkamers wat elk met 'n dubbelbed ingerig is, terwyl die ander 2 slaapkamers elk 2 enkelbeddens het. Die uitgestrekte leefarea sluit 'n dubbelslaapbank asook 2 enkelmatrasse in. 'n Bad en 'n stort is beskikbaar in die 1 badkamer en die tweede badkamer het 'n stort. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.

Die ruim leefarea beskik oor 'n aparte kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n eetarea met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet. Langs die eetarea is daar 'n knus sitarea voor 'n kaggel. Daar is 'n tweede sitarea met 'n TV. Gaste moet hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring.

Buite die eenheid is daar 'n onderdakstoep met sitplek buite en braaigeriewe. Daar is iets vir almal om te doen by Elvesida Holiday Farm soos forelhengel, voëlkyk, kanovaarte, staproetes, perdry en vele meer. Vir kinders bied die eiendom 'n troetelplaas waar kinders interaksie kan hê met bokke, hase, ganse, hoenders en eende.

Kamer-opset

Slaapplek vir 12 mense 4 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Leefarea

2

2 x Ekstra enkelmatras

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Patio

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Kaggel

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Noel Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 2

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Dargle-weg 4, Boston, Impendle, 3211, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 800
per nag, vir 12 mense
Vanaf
Vanaf R4 800
per nag, vir 12 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dargle-weg 4, Boston, Impendle, 3211, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdbb6f317a69d4f33eee72ee404347e28f9b1ccf0508ca6fb0261f6d6a2db2d74324a2bee818f6c3ff84e23feb5d4ef4c24a8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 800 per nag, vir 12 mense 4 Dargle Road Boston 3211 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -29.664041084319 30.014290553883

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang