Felicitas Kampering
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 08:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Geluksplaas, Reddersburg, 9904, Vrystaat
- Vanaf R300 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Felicitas Kampering is op 'n plaas 8 km buite Reddersburg geleë en bied die perfekte oornagplek vir kampeerliefhebbers wat op soek is na 'n rustieke dog rustige wegbreek.
Gaste is welkom om hul eie tente of karavane saam te bring. Neem asseblief kennis dat geen ablusiegeriewe beskikbaar is nie. 'n JoJo-tenk met boorgatwater en 'n kraan word voorsien.
Elke kampplek kan 4 gaste akkommodeer met óf 2 tente, 1 karavaan en 'n tent, óf 1 voertuig met 'n daktent en 'n bykomende tent op die grond.
Daar is 'n gemeenskaplike swembad en Lapa, wat 2 km vanaf die kampplek op die plaas geleë is, wat gaste welkom is om te gebruik. Besoekers is welkom om op die plaas rond te stap en deur die landerye en met die grondpad te fiets.
Ligging
- Geluksplaas, Reddersburg, 9904, Vrystaat
Sien meer verblyf in
Vrystaat- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 08:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Geluksplaas, Reddersburg, 9904, Vrystaat