Fernhill Tented Treehouses
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 12 Des 2024 tot 12 Jan 2025.
- Kapasiteit: 14 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fernhill Gasteplaas, Rheenendal, Knysna, 6560, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Fernhill Tented Treehouses bied gerieflike glanskamptente en selfsorgkothuise op Fernhill Guest Farm in die pragtige Rheenendal, net buite Knysna. Dié area is bekend vir magiese woude, fiets- en staproetes.
Verblyf word in 6 glanskamptente gebied en elke tent het 'n privaat houtdek met 'n pragtige uitsig oor die woud op die plaas. Die tente bied slaapplek aan 2 tot 4 gaste en het elk 'n koninggrootte-bed. Die gesinstente het ook slaapbanke of stapelbeddens. Linne en handdoeke word voorsien. Die en suite-badkamers het 'n spa-baddens met groot glasvensters wat uitsigte oor die woud bied, asook 'n storte. Elektriese komberse, waaiers en verwarmers word voorsien. Elke tent is ook met 'n yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n kombuisie en 'n buitebraai toegerus.
Let dat geen kinders onder 6 jaar in die gesinstente toegelaat word nie en geen kinders onder 12 jaar in die Double Tented Treehouse toegelaat word nie.
Vir diegene wat graag stap, is daar baie pragtige roetes op die plaas van 56 hektaar. Die area is baie gewild onder bergfietsryers, so bring jou fiets en verken hierdie streek wat deel van die 7 Passe-roete tussen Knysna en George vorm. Fernhill is in 'n bewarea geleë, so behalwe vir die plaasdiere is daar baie vrylopende wild, insluitend bosbokke, bosvarke, luiperds, apies, bobbejane, ystervarke en 'n groot verskeidenheid voëls, so die verkyker vergeet nie.
Fernhill is net 'n entjie se ry vanaf Knysna en die pragtige strand by Buffelsbaai. Sedgefield en die immergewilde Wild Oats Market op Saterdae is net 20 minute se ry ver.
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Marcelle Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 102
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Fernhill Gasteplaas, Rheenendal, Knysna, 6560, Wes-Kaap
- Gaste dink Fernhill Tented Treehouses het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fernhill Gasteplaas, Rheenendal, Knysna, 6560, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang