Fisherhaven Traveller's Lodge
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: China Marais-laan 20, Fisherhaven, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R550 per nag, vir 1 mens
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Fisherhaven Traveller's Lodge is naby die Botrivierstrandmeer in Fisherhaven, en dit is sentraal vanaf die Overberg-besienswaardighede. Dit is 'n vreedsame kusdorpie op die pad tussen Kaapstad en die bekende walviskykdorp, Hermanus. Fisherhaven is ook bevoorreg om die weiveldgrond te besit waarop die Rooisand-wilde perde hulself gevestig het. Ons is net 92 km van Kaapstad se Lughawe af en 11 km wes van Hermanus.
Ons bied verblyf in 4 rookvrye kamers en al die kamers is bo. Die N1 en N2 en suite-kamers het 'n dubbelbed en enkelbed, 'n stort, toilet en 'n wasbak, 'n paneelverwarmer en 'n waaier, TV met DStv, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe.
Die R43 het 'n dubbelbed met 2 bedkassies, 'n tafel, stoele, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n spieël, hangkas en 'n en suite-stort. Hierdie eenheid bied direkte toegang tot die kombuis en sitarea op die onderste verdieping.
Die gesin-suite het 2 kamers; Kamer 1 het 'n dubbelbed met 'n muskietnes, 'n platskerm-TV met 'n USB-poort en DStv, waaier, verwarmer, haardroër, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. Kamer 2 het 2 enkelbeddens. Die eenheid het 'n badkamer met 'n hoekbad/stort en 'n wasbak, en nog 'n kamer met 'n toilet en wasbak.
Die lodge bied billike verblyf met gratis WiFi, veilige parkeerplek op die perseel, 'n skadu-tuin en 'n sitarea, 'n binnenshuise swembad, asook binnebraaigeriewe wat tot 22:00 beskikbaar is.
Al ons gaste het toegang tot die gaste-sitkamer met gemaklike banke. Die kombuis het 'n broodrooster, ketel, yskas, induksieplaat, 'n mikrogolf, potte, panne, breekware, eetgerei en 'n eetkamerstel met sitplek vir 6.
Besprekings vir groot groepe word ongelukkig nie toegelaat nie en besoekers is nie welkom nie. Partytjies is ook nie toelaatbaar nie.
Daar is baie plekke om te besoek en dinge om te doen in en om die Overberg soos walviskyk, haaihokduik, wynproe, fietsry, seilplankry, kajak-avonture en voetslaanroetes. Verder is daar ook interessante rotspoele en goeie swemplekke met eindelose strande waaronder Grottostrand, Voëlklip, Onrus, Sandbaai, Kleinmond en Hawstonstrand. Gaste kan ook die nabygeleë Botaniese Tuine en die pikkewynkolonie by Stony Point in Bettysbaai besoek.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Portier
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Derek & Vanessa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 69
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- China Marais-laan 20, Fisherhaven, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Fisherhaven Traveller's Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Fisherhaven Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: China Marais-laan 20, Fisherhaven, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang